Hap in ’n japtrap: Botterskorsie-en-kaneelsop
Dis goedkoop en maklik om te maak!
Bestanddele:
700 g botterskorsie, skoongemaak en in 1 cm-skywe gesny
45 ml olyfolie
15 ml fyn kaneel
45 ml botter
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, gekap
10 ml vars gemmer, gerasper
500 ml hoenderaftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:
Verhit die oond tot 220 °C.
Plaas botterskorsieskywe op bakplaat en sprinkel olyfolie en kaneel oor. Bedek met tinfoelie en sit in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot sag.
Verhit die botter in ’n pot en voeg die ui, knoffel en gemmer by. Braai liggies vir 2 minute.
Voeg die aftreksel en ¾ van die gaar botterskorsie by. Bring tot kookpunt en laat kook vining vir 5 minute.
Haal van die plaat af en verwerk in voedselverwerker tot ‘n gladde puree vorm. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met oorblywende gaar botterskorsie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie