Hanse-Himarwa vandag in hof
Hanse-Himarwa vandag in hof

Hanse-Himarwa vandag in hof

Die minister van onderwys, kuns en kultuur maak vandag 'n eer­ste verskyning in die land­droshof op Mariental op 'n klag van korrupsie.
Denver Kisting
Denver Kisting



Me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, gaan sonder 'n bang haar op haar kop vandag in die landdroshof op Mariental verskyn.

Hanse-Himarwa maak vandag in dié hof 'n eerste verskyning op 'n klag van korrupsie.

Haar regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, het gistermiddag by navraag gesê hulle is slaggereed vir die hof. “Ons is reg om teen die klag te baklei. Ons glo die klag het geen meriete nie. Ons sal die res in die hof sê.”



Hanse-Himarwa reageer

In 'n verklaring op die amptelike briefhoof van die ministerie sê Hanse-Himarwa: “In die gees van deursigtigheid en verantwoordbaarheid uit hoofde van die openbare amp wat ek beklee, bevestig ek hiermee aan die Namibiese publiek dat ek 'n dagvaarding ontvang het om in die landdroshof op Mariental te verskyn as gevolg van bewerings van/klagte van korrupsie.”

Luidens die verklaring, wat Vrydag uitgereik is, word in “slegs een klag” beweer die oudgoewerneur van die Hardapstreek het haar destydse kantoor en posisie vir eie gewin uitgebuit.

Hanse-Himarwa verklaar voorts uitgebreid haar optrede tydens haar goewerneurstermyn was daarop gemik om ontwikkeling en sosioëkonomiese opheffing in die streek te bevorder.

“Ek is trots daarop dat baie van die projekte, insluitend die massabehuisingsprojek en baie van my aksies terwyl ek goewerneur was, tasbare vrugte afgewerp het wat ontwikkeling en vordering in die Hardapstreek betref.”

Die minister het van 2005 tot 2015 as goewerneur gedien tydens mnr. Hifikepunye Pohamba se termyn as staatshoof.

Sy skryf die strafregtelike klag teen haar toe aan die uitvoer van verantwoordelikhede en pligte binne die raamwerk van 'n goewerneur en sê dit doen haar leed aan.

“Ek stel dit onomwonde dat ek nie my magte misbruik het nie, en ek is ook nie aangespoor deur 'n behoefte aan direkte of indirekte voordeel nie.”

Volgens haar verwelkom sy die geleentheid vir die reg om sy loop te neem “omdat dit moeilik is om jouself in 'n hof van openbare mening te verdedig”.

Sy het benadruk dat sy onskuldig bly tot 'n bevoegde hof die teendeel bewys.

Hanse-Himarwa se termyn as goewerneur was in omstredenheid gehul.

Destyds is berig sy het in 2014 glo twee begunstigdes van die massabehuisingskema met twee van haar familielede vervang.



President ook betrek

Intussen het dr. Alfredo Hengari, die presidensiële woordvoerder, gister gesê hy kan nie kommentaar lewer op gerugte van anonieme, onbevestigde en lasterlike bronne wat op sosiale media die ronde doen en waarby pres. Hage Geingob ook betrek word nie.

'n Boodskap was die naweek in omloop waarin aangevoer word die president probeer sy politieke bondgenote van vervolging beskerm.

Dié vriende sluit glo Hanse-Himarwa, haar man, mnr. Gheno Himarwa, en die voorsitter van die nasionale raad, me. Margaret Mensah-Williams, in.

Namandje sê hy dra geen kennis van enige klagte teen Himarwa (Hanse-Himarwa se eggenoot) nie en het ook geen instruksies dienooreenkomstig ontvang nie.

Mensah-Williams het die aantygings as bog afgemaak.

“Dit is 'n absolute leun. Dit is net mediasensasie.”

Sy het ook gesê 'n opvolgberig het aan die lig gekom waarin oënskynlik uit die geledere van die kantoor van die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, aangevoer word geen opdrag is gegee om Himarwa en Mensah-Williams in hegtenis te neem nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%