Hanse-Himarwa se getuienis vals, sê hof
Denver Kisting – Nadat die hof al die getuienis in ag geneem het, is die enigste gevolgtrekking die staat het bo redelike twyfel bewys Katrina Hanse-Himarwa se weergawe is nie redelik moontlik waar nie.
Trouens, het regter Christie Liebenberg gister gesê, dié minister se weergawe moet as vals verwerp word.
Liebenberg het voorts gesê dit bepaal Hanse-Himarwa het as goewerneur van die Hardapstreek duidelik haar mag en gesag misbruik toe sy aangedring het ’n lys van begunstigdes onder die massabehuisingskema moet volgens haar bevrediging gewysig word.
Hiermee het sy verseker minstens een van haar familielede vind regstreeks by haar handelinge baat, lui gister se hofuitspraak.
Hy sê Hanse-Himarwa se optrede was met opset en was ’n vervolgbare oortreding kragtens die teenkorrupsiewet.
Liebenberg het as “skuldig soos aangekla” bevind.
Volgens hom het sy ondanks haar eie waardering vir die erns van die bewerings teen haar in geen stadium gesprekke met die klaers gevoer nie.
Hiernaas het sy dit ook nie nodig geag om om die klagtes by die president of die tersaaklike ministerie aan te meld nie
Ofskoon mnr. Sisa Namandje, Hanse-Himarwa se prokureur, groot gewag gemaak het oor ’n komplot teen sy kliënt kon die hof geen meriete hiervoor vind nie.
Regter Liebenberg sê ondanks klein teenstrydighede het die getuienis van staatsgetuies oor die gebeure tydens Desember 2014 wesenlik ooreengestem.
Volgens hom is dit verstommend dat Hanse-Himarwa kon aanvoer ’n vergadering wat op 16 Desember 2014 plaasgevind het, het nie gebeur nie.
Sou haar weergawe waar gewees het, sou ’n aantal getuies gesamentlik bewyse moes versin om haar valslik by omstandighede te betrek terwyl twee van dié mense nooit vantevore iets met haar te doen gehad het nie, lui die uitspraak.
Die staat is deur adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze en mnr. Salomon Kanyemba verteenwoordig.
Liebenberg het gister die saak tot 24 Julie vanjaar vir voorvonnisverrigtinge uitgestel.
Op aansoek van die verdediging is Hanse-Himarwa weer op ’n waarskuwing vrygelaat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie