Hanse-Himarwa hoor Maandag oor appèlaansoek
Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa hoor Maandag of haar aansoek om toegelaat word om appèl teen haar vonnis aan te teken in die hooggeregshof suksesvol was. Hoërhofregter Christie Liebenberg sal die uitspraak Maandagoggend lewer. Hanse-Himarwa is in Julie verlede jaar aan korrupsie skuldig bevind en tot ’n boete van N$50 000 gevonnis. Sy het die hoërhof in Januarie genader met ’n aansoek om verlof om appèl teen die korrupsievonnis in die hooggeregshof aan te teken. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie