Handjie vol mense daag op by Afrikadag-vieringe
Net sowat 100 mense het by die Katutura Sport- en Jeugkompleks vir die viering van die 54ste Afrikadag opgedaag.
Me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sal binnekort die sleutelrede by die geleentheid lewer.
Yochanaan Coetzee, Republikein se joernalis by die feesgeleentheid, sê net omtrent 100 mense en sowat 20 genooide gaste het tot dusver hul opwagting gemaak.
Benewens Afrikadag, vier Namibië vandag ook Hemelvaart. Dié dag word elke jaar 40 dae ná Paassondag deur Christene gevier. Namibië is van die min lande waar die dag nog 'n vakansiedag is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie