Handelskou in Noorde weer afgestel
Handelskou in Noorde weer afgestel

Handelskou in Noorde weer afgestel

Sanet de Waal
Tuyeimo Haidula op Ongwediva – Die jaarlikse Ongwediva-handelskou (OATF) is vir die tweede agtereenvolgende jaar weens die Covid-19-pandemie gekanselleer.

Die Ongwediva-handelskouvereniging (OTFS) het Dinsdag by monde van dié dorp se woordvoerder, mnr. Jackson Muma, gesê die gesondheid en veiligheid van besoekers, werknemers, uitstallers en alle belanghebbendes was kernoorwegings.

Die handelskou sou van 26 tot 31 Augustus plaasvind.

Die galadinee om fondse in te samel sou op 3 Julie plaasvind en is ook afgestel.

Muma het gesê die skou se bestuur ondersteun die regering se pogings in die stryd teen Covid-19.

“Alhoewel ons as organiseerders teleurgesteld is dat hierdie noemenswaardige gebeurtenis nie kan plaasvind nie, is ons oortuig die kansellasie daarvan is die regte besluit op grond van die inligting en raad wat ons ontvang het,” het hy gesê.

Die stadsraad het gehoop om sowat 250 uitstallers op die perseel en 50 virtueel te akkommodeer.



VIRTUELE UITSTALLING

Volgens Muma gaan die OATF moontlik steeds 'n virtuele uitstalling aanbied. 'n Datum sal later aangekondig word.

Sulke uitstallers sal volgens Muma tegniese opleiding benodig om die skou te laat slaag.

“Ons hoop die situasie sal verbeter voordat die volgende handelskou moet afskop. Nuwe datums vir die OATF 2022 sal bekend gemaak word sodra dit beskikbaar is,” het Muma gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!