Handelsknoop knap voor Brexit deurgehaak

Britse handel met Sacu, Mosambiek gaan voort

12 September 2019 | Plaaslik
Ronelle Rademeyer - Namibiërs wat graag aan ’n Skotse whisky weglê, en Britte wat van Namibiese beeshaas of ander prima beesvleissnitte hou, kan gerus slaap.

Brexit gaan nié hierdie gastronomiese ervaringe kelder nie.

Die Verenigde Koninkryk (VK) het Dinsdag die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA) met die vyf lande in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) en Mosambiek geparafeer. Dit was nadat Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini asook Mosambiek dit Sondag en Maandag geparafeer het. Dit beteken die onderhandelingsproses is voltooi en die ooreenkoms moet net nog bekragtig word.

Hierdie verwikkeling beteken Namibiërs landbouprodukte soos beesvleis, dadels en tafeldruiwe kan ná Brexit op 31 Oktober steeds sonder enige tarief- en kwotabeperkings na Brittanje uitgevoer word.

Die Britse hoë kommissaris in Namibië, me. Kate Airey, sê dit verseker ’n ongehinderde voorsetting in uitvoere na Brittanje. Sy sê dit is veral vir die Namibiese landbougemeenskap goeie nuus.

“Sowat 90% van Meatco se beesvleisuitvoere gaan na die Britse mark,” het sy gister in ’n telefoniese onderhoud gesê kort nadat die Britse regering die aankondiging gemaak het. “Daarmee saam word ook tafeldruiwe, dadels en ander produkte vanaf Namibië uitgevoer.”

Me. Ontlametse Ward, adjunk- permanente sekretaris van beleggings, handel en nywerheid in Botswana en die koördineerder van hierdie onderhandelinge, het later in ’n verklaring gesê hoewel die ooreenkoms nog deur al die partye bekragtig moet word, beteken dit hierdie lande het ooreengekom om voorlopig die EPA wat tussen SADC-lande en die Europese Unie (EU) bestaan, as grondslag te gebruik tyd en wyl die bekragtingsproses van die nuwe EPA afgehandel is.

Sy het, net soos Airey, benadruk hierdie stap voorkom dat Brexit tot handelsontwrigting lei.

Volgens die Britse regering sal die nuwe ooreenkoms die handelsbande met Sacu en Mosambiek verder verstewig. Handelsvloei tussen Brittanje en die ses lande het verlede jaar sowat N$174,6 miljard beloop.

Die Britse minister van internasionale handel, me. Liz Truss, sê in die verklaring wanneer hierdie handelsooreenkoms ten volle in werking is, sal dit ontwikkelende lande help om armoede deur middel van handel te verlig. “Hulle sal in staat wees om hul ekonomieë te groei, werksgeleenthede te skep en die inkomste van hul burgers te verbeter,” het sy gesê.

Volgens Airey sal dit ook die handelsbetrekkinge in die streek verbeter en tot groter onderlinge handel lei.

Sy sê die primêre doelwit van die Britse hoëkommissariaat in Namibië was om seker te maak die regering word ondersteun in sy doelweit om volhoubare groei te skep.

“Sterk bande is tydens die intensiewe onderhandelinge gesmee waarop ons kan voortbou,” het Airey gesê.

Soortgelyk

 

Teko-trio vrygespreek

5 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Dokters wis nie van voorskrifte

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

15 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

15 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

15 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

15 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...

Invaluable experience for Alonso at Lichtenburg

15 ure gelede | Motors

Fernando Alonso and Marc Coma completed an eventful but invaluable learning experience at the Lichtenburg 400 in South Africa on Friday and Saturday with Toyota...