Hande oop vir Asië

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
TIEN hoogs opgeleide Namibiese noodlenigingswerkers staan gereed om binnekort na die tsunamigeteisterde gebiede aan die Indiese Oseaan-ring te vertrek om slagoffers van die ramp in hul donkerste ure by te staan.
Die noodlenigingswerkers is op gereedheidsgrondslag geplaas en die Namibiese Rooi Kruis Vereniging wag net op opdrag van hul hoofkantoor in Genève om voort te gaan met die ontplooiing.
Me. Razia Kauaria van die Rooi Kruis in Windhoek het gesê sy was dié week aangenaam verras toe sy verneem dat mense in Namibië na haar soek om uit te vind waar en hoe hulle bydrae tot die inter-nasionale oproep om noodleniging kan maak.
\"Ons het reeds met die hoof-kantoor in Genève en ons verteenwoordigers in Indië in verbinding getree om hulp aan te bied.\"
Volgens me. Kauaria het Indiese verteenwoordigers van die organisasie laat blyk dat hulle sake goed onder beheer het, maar die hoofkantoor in Genève het gesê die span noodlenigingswerkers sal waarskynlik na ander geteisterde gebiede ontplooi word.
Die Namibiese span vorm deel van die streekreaksiegroep en is opgelei om spesifiek tydens ramp-situasies hulp aan slagoffers te verleen. In die stadium is dit nog nie seker na watter land hulle ontplooi sal word nie.
Volgens me. Kauaria sal die span heel moontlik na lande aan die ooskus van Afrika of die Maldiveseilande gestuur word.
Mej. Namibië, Adéle Basson, was gister ook bekommerd oor die lot van die tsunami-slagoffers. Sy het reeds met die Ministerie van Buitelandse sake in verbinding getree om uit te vind hoe Namibiërs kan help.
Volgens Adéle het persoon by die Ministerie haar ingelig dat Namibië nie nou reeds amptelike hulp aan die geteisterde gebiede kan bied nie, maar dat vrywillige hulp welkom is.
\"My kontak by die Ministerie van Buitelandse sake het gesê as ons span van minstens tien vrywilligers, soos medici en mense met tersaaklike tegniese kennis kan bymekaar sit om na die geteisterde gebiede te gaan, sal hulle ons help met visums en amptelike dokumente.\"
Die Namibiese regering kan volgens Adéle nie bydra tot die reiskoste van \'n span vrywilligers nie en hulle sal moet staatmaak op skenkers om na die geteisterde gebiede te reis.
Adéle het gister by Republikein aangeklop om te hoor wat haar te doen staan om moontlik hulp op ander manier aan die slagoffers van die tragedie in die suide van Asie te bied en sy is met die Namibiese Rooi Kruis Vereniging in verbinding geplaas.
Die Namibiese Rooi Kruis Vereniging beskik oor bankrekening wat juis vir die doel van noodlenig-ing in die lewe geroep is.
\"Geld wat by die rekening inbetaal word, sal direk aan die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis oorbetaal word. Die Internasionale Rooi Kruis het aan die begin van die week beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om bydraes te maak om aanvanklik na die slagoffers van die tsunami\'s om te sien en later met die heropbouproses in die geteisterde lande te help.\"
Me. Kauaria meen kontant is die beste belegging en skenkings kan by die Appeal Account van die Namibiese Rooi Kruis Vereniging inbetaal word. Die bankrekening word by Bank Windhoek gehou en die nommer is 1140765513.
Die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis het reeds meer as 3 miljoen euro vir die reuse-nood-lenigingspoging bewillig, maar baie meer is nodig word om uiteindelik na die behoeftes van slagoffers om te sien.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

10 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

10 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

10 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

10 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

10 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

10 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

10 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

10 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...