Hande in die hare oor water
Die dam by Epalela in Omusati is leeggepomp na Oshakati. En die pyplyn vanaf Calueque is stukkend. Maar 500 treë van die dam loop die water bo-oor die stukkende kanaalwalle en vermors. Hoeveel van die groenteboere moes al ophou plant en mense afdank? Ander het vir kilometers geen water vir hul diere nie. Daar was belowe dat die probleem opgelos sou wees teen 15 November 2017.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie