Hande af van Venezuela

‘Moenie kant kies’

30 January 2019 | Ministeries
Namibië het gister ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om die mense van Venezuela toe te laat om hul interne probleme self vreedsaam en volgens die grondwetlike riglyne van dié land op te los.

Me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het in ‘n verklaring gesê Namibië “staan in solidariteit by die mense van Venezuela”.

“Ons doen verder ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om onpartydig te wees en nie kant te kies in dié dispuut nie.”

Terwyl daar uit sekere oorde in die internasionale gemeenskap daarop aangedring word dat Venezuela ’n nuwe verkiesing hou, het pres. Nicolás Maduro (56) Sondag met ’n militêre magsvertoon van sy land se weermag met Russiese wapentuig gewys wie is in beheer, het Reuters berig.

In ’n ongekende uitdaging van Maduro se gesag, het Juan Guaidó, die opposisieleier, homself as tussentydse president verklaar en aangevoer die verkiesing was ’n bedrogspul.

Guaidó het ook amnestie aangebied vir enige soldate wat hulle by sy regering aansluit.

Die 35-jarige Guaidó het die steun van onder meer Amerika, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Duitsland, Israel en Australië. Amerika het ook verklaar hy aanvaar Carlos Alfredo Vecchio, ’n Guaidó-ondersteuner, as Venezuela se diplomatieke verteenwoordiger in Amerika, sowel as by die Verenigde Nasies (VN).

In die Maduro-kamp is lande soos Kuba, Mexiko, Iran, Turkye en Rusland. Suid-Afrika het ook intussen gesê hy aanvaar Maduro as die demokraties verkose president.

Maduro en Vladimir Padrino, Venezuela se minister van verdediging, het Sondagoggend toegekyk hoe soldate onder meer Russiese kanonne, lugafweer-masjiengewere en vuurpylaangedrewe granate afvuur.

Reuters berig Maduro het gesê dié vertoning wys aan die wêreld dat hy die ondersteuning van die weermag het en dat die land se gewapende magte gereed is om die land te beskerm. Maduro het voorts gesê Guaidó neem deel aan ’n staatsgreep wat deur pres. Donald Trump se beleidsraadgewers gedryf word.

“Niemand respekteer die swakkes, die lafaards, die verraaiers nie. In die wêreld word die dapperes, die heldhaftiges, die magtiges gerespekteer.

“Niemand moet eers daaraan dink om op die heilige grond te trap nie. Venezuela wil vrede hê. Om vrede te verseker moet ons voorbereid wees,” het hy gesê.

Nandi-Ndaitwah sê die regering van Namibië volg die politieke verwikkelinge in Venezuela met groot kommer.

“Die kommer is dat die politieke verwikkelinge spruit uit die ongeregverdigde inmenging in die huishoudelike sake van Venezuela deur buitelandse magte. Verder is die verkiesing in ooreenstemming met die wette van Venezuela gehou sonder enige inmenging van buite af. Die binnelandse verkiesingswette van dié land maak voorsiening vir meganismes waarbinne verkiesingsgeskille getakel kan word,” het sy verder gesê.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

23 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

23 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

23 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

23 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

23 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

23 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

23 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...