Hande af van Okavango-delta

’n Britse koninklike en Hollywood-beroemdes met ‘n passie vir die omgewing stem met ander aktiviste die oliesoektog op die voorstoep van die Okavango-delta is ‘n bewaringstaboe.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Internasionale druk op ReconAfrica en Namibië om die soektog na olie in die Kavangostreke en Botswana te staak, het Vrydag verdiep toe beroemdes soos Prins Harry, Leonardo DiCaprio, Forest Whitaker en Djimon Hounsou hul stem by dié van plaaslike aktiviste gevoeg het.
Re:wild is ’n organisasie wat die meer as drie dekades van omgewingbewaringswerk deur DiCaprio en Global Wildlife Conservation kombineer.

“Re:wild en die internasionale bewaringsgemeenskap staan by die mense van Namibië en Botswana, aktiviste plaaslik en elders in die wêreld, asook prins Harry, die hertog van Sussex, om ’n onmiddellike moratorium op olie- en gasboorwerk in die Kavangorivierbekken te bewerkstellig. Hierdie onomkeerbare en onverantwoordelike behandeling van die kosbare hulpbronne van ons planeet moet stop,” lui die verklaring.

Intussen het Prins Harry en die Namibiese omgewingsaktivis Reinhold Mangundu ook Vrydag in ’n sterk bewoorde gesamentlike meningstuk in The Washington Post beswaar gemaak teen die wyse waarop dié rivierbekken deur ReconAfrica “beleër” word. “Ons glo dat hulle die ekosisteem vir eie gewin versteur,” skryf die Britse koninklike en Mangundu.

Dié Kanadese olie- en gasmaatskappy het die regte bekom om in die Kavangostreke en die noordwestelike hoek van Botswana na olie te soek terwyl hierdie ekostelsel die lewensmiddele van duisende mense ondersteun en verskeie bedreigde spesies soos wildehonde en die wêreld se grootste oorblywende bevolking Savanna-olifante huisves, sê Re:wild.

Die eksplorasiegebiede is boonop op die voorstoep van die Okavango-delta geleë, wat ’n Unesco-wêrelderfenisgebied is en oor ’n unieke biodiversiteit beskik.

Re:wild wys ook daarop dit is die vernaamste waterbron van die nagenoeg 1 miljoen mense wat daar woon.

Die aktiviste maak verder beswaar daarteen dat ReconAfrica nie die mense wat die meeste deur sy aktiwiteite in die gebied geraak word, voldoende in die saak geken het nie.

“Ons is trots daarop om die heroïese pogings van die individue en organisasies in Namibië en Botswana te ondersteun wat weier om vooruitgang ten koste van die vernietiging van die natuur en ter wille van vinnige geldmaak toe te laat,” sê Wes Sechrest, Re:wilde se hoofwetenskaplike en uitvoerende hoof.

Verskeie plaaslike leiers en aktiviste het sedert einde verlede jaar toe dit bekend geword het dat ReconAfrica ’n lisensie gekry het vir verkennende boorwerk in ’n gebied van 13 200 vierkante kilometer in die groter Kavangorivierkom, gesê hulle is bekommer daaroor dat die plaaslike gemeenskappe nie voldoende raadpleeg is nie.

Hulle meen ook ReconAfrica tref nie voldoende omgewingsmaatreëls om die besoedeling van die enigste waterbron in die streek te voorkom nie, en dat dit bedreigde wildspesies in gevaar stel.

Dié gebied is ook die leefwêreld van die inheemse San, wat tot die oudste bekende kulture ter wêreld behoort.

“As jy na rivierbekkens oor die hele wêreld kyk, het hulle almal op dieselfde manier ontwikkel: eers met klein gehuggies, gevolg deur dorpe en dan nywerhede,” sê dr. Chris Brown, 'n ekoloog, omgewingsbewaarder en uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NEC).

“Ons glo dat 'n komgebied soos dié ’n heeltemal ander ontwikkelingsgang kan hê wat gegrond is op volhoubaarheid en die waardes van die mense in die gebied en nie op die waardes van industrialisasie nie,” sê hy.

Burgerlike organisasies en aktiviste het ook hul kommer uitgespreek dat die afvalwater van boorterreine en die risiko loop dat dit grondwater kleiner riviere wat by die Kavangorivier en die delta in Botswana aansluit, kan besoedel.

“Ons is veral bekommerd oor die gebrek aan ware gesprekvoering met die inheemse San-gemeenskappe, insluitend vroue, wat geraak sal word,” het me. Nadia April, programbeampte vir San-vroue by die Women's Leadership Center in Windhoek, onlangs tydens 'n nuuskonferensie gesê. “As ReconAfrica toegelaat word om voort te gaan, sal dit die lewenswyse van inheemse mense ernstig ontwrig deur die besetting van hul voorvaderlike grond en die vergiftiging van water en grond waarvan hulle vir oorlewing verantwoordelik is,” het sy gesê.

ReconAfrica ht onlangs met tweedimensionele seismiese toetse begin, wat na bewering daartoe gelei het dat grondgebied ontbos is. Aktiviste sê die ontwikkeling van paaie en ander infrastruktuur in die gebied, sal stropery en konflik tussen mense en diere verhoog.

Mnr. Max Muyemburuko, voorsitter van die Streeksbewarings- en gemeenskapsbosbouvereniging vir Kavango-Oos en -Wes, sê alle aktiwiteite in die gebied moet op die Natuurbewaringsordonansie van 1975 en die wysigings daaraan gegrond wees. “Hierdie wetgewing bemagtig plaaslike gemeenskappe om die natuurlike hulpbronne in hul beste lang termyn belang belang te bestuur en te beskerm,” sê hy.

“Die omgewing is van uiterste belang vir ons gemeenskappe. Ons is afhanklik van die omgewing vir die suurstof wat ons inasem. Ons huishoudings bestaan uit bome, gras en modder. Ons maak staat op die opbrengs van bome, struike en ander grassoorte. Dit alles kan jy slegs kry as jou omgewing veilig en gesond gehou word en volhoubaar bewaar word,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!