Hand weer diep in die sak vir skooldrag

Boeke roep weer môre

10 January 2017 | Onderwys
Estelle de Bruyn - Voorbereidings vir die aanvang van die nuwe skooljaar is fluks aan die gang met ouers wat die hand vanjaar weer diep in die sak steek om nuwe skooldrag aan te skaf.

In Windhoek was winkels wat skooldrag verkoop bedrywig toe Republikein daar gaan inloer het.

Raeesha Diedericks, wat vanjaar vir die eerste keer skool toe gaan en by Windhoek Central Primary School ingeskryf is, is deur ma Ramona en ouboet Marcelino vergesel.

Sy was bietjie skugter vir die kamera, maar het tog erken dat sy baie opgewonde is met die vooruitsig om met haar skoolloopbaan te begin.

By een van Windhoek se oudste en bekendste verskaffers van skooldrag, Karseboom, wissel die pryse wat ‘n graad 1-leerling se ouers vir ‘n splinternuwe skooluitrusting sal betaal, afhangend van watter skool die leerling sal bywoon.

‘n Skoolrok kos tussen N$350 en N$450; ‘n tuniek sal ‘n mens tussen N$290 en 350 uit die sak jaag; ‘n skoolhemp tussen N$180 en 250; sokkies tussen N$40 en N$50 en skoolskoene tussen N$250 en N$380. Een volledige uitrusting met ‘n skoolrok kos dus tussen N$640 en N$760 kos. Wanneer die skooluitrusting uit ‘n tuniek met ‘n hemp bestaan, sal dit tussen N$880 en N$1 030 kos.

Vir ‘n laerskoolseun is die koste effe minder. ‘n Kortbroek kos ongeveer N$200; hemde tussen N$180 en N$250, sokkies wissel tussen N$40 en N$50 en skoolskoene vir seuns kos tussen N$320 en N$400. Dus sal ‘n gemiddelde uitrusting tussen N$740 en N$900 kos.

Voeg hierby ‘n moulose trui vir koeler dae, wat tussen N$250 en N$275 kos en ‘n langmoutrui wat tussen N$290 en N$350 kos en ‘n sweetpak wat tussen N$600 en meer N$1 000, en die rekening raak hoog.

En dan beteken dit die kind het net een uitrusting.

Nog ‘n jong man wat Republikein in die winkel raakgeloop het, is Richard Thiele wat vanjaar ‘n graad 11-leerling by die Delta Sekondêre Skool in Windhoek is.

‘n Langbroek vir hom sal sy ouers tussen N$300 en N$400 kos, ‘n skooldas ongeveer N$100, ‘n skoolbaadjie van N$850 af op en dan ook die hemp teen N$180 en N$250.

'n Nuwe skooltas kan, afhangend van die ontwerp 'n ouer 'n bykomende N$200 tot N$500 uit die sak jaag.

Die debat oor skooldrag en of dit verkieslik is bo informele kleredrag, sal nog lank duur. Diegene ten gunste van skooldrag argumenteer dat dit alle leerders gelyk stel en geen onderskeid tussen die welvaart of armoede van ouers tref nie. Daar is selfs bevind dat in skole waar informele klere gedra word, ouers uiteindelik meer opdok omdat die nukke, grille en modegiere van die jeug soos die wind verander.

Soortgelyk

 

Sendelinge uit die selle

7 ure gelede | Mense

Tanja Bause - “Ons is nie kwaad nie, ons is hier vir die kinders, die jeug, enkel- en werklose moeders en ons wil graag aangaan...

Daar's water in die Ugab

7 ure gelede | In beeld

Die Ugabrivier het Maandagoggend vir die eerste keer in vier jaar gevloei. Mnr. Basil Calitz van die Brandberg-ruskamp op Uis het dit op sy kamera...

Khomasskole sonder water

7 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig – Verskeie skole in die Khomasstreek sit sonder water nadat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur versuim het om hul munisipale rekeninge...

Antraks oorsaak van leeu se dood

7 ure gelede | Omgewing

Des Erasmus Miltsiekte was die oorsaak van die dood van die woestynleeu XPL 98 in die Ugabvallei. Bevestiging van die bevinding is deur 'n staatsveearts...

Jong vrou se lyk naby kragstasie gevind

7 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht - 'n Verbyganger op die B1-pad langs die Van Eck-kragstasie in Windhoek het gister 'n grufonds gemaak toe hy op die lyk van...

Ondersoek na ongewenste verhoudinge

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht Intieme verhoudinge tussen onderwysers en leerlinge kom algemeen in veral plattelandse skole in Namibië voor. Terselfdertyd is ouers, onderwysers en skoolhoofde hiervan bewus,...

Weer vir 18 Januarie

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie. KUS: Gedeeltelik bewolk...

Klagte sluit onder meer geldwassery en bedrog in

7 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Die borgtogaansoek van mnr. Laurentius Julius en twee Chinese burgers, mnre. Tao Huizhong en Huang Jinrong, in 'n saak wat betrekking het op...

Gimmies herdenk 10 jaar

7 ure gelede | Onderwys

Maria Eiseb - Windhoek Gimnasium het gister sy tiende bestaansjaar gevier. Volgens die besturende direkteur van die skool, me. Colette Rieckert, het die skool sy...