HAN: Toerismesektor wag in spanning
HAN: Toerismesektor wag in spanning

HAN: Toerismesektor wag in spanning

Dié bedryf se piekseisoen het Woensdag (1 Julie) begin en hulle hoop op ’n reddingsboei.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Die toerismesektor wag in spanning vir ’n aankondiging vandag (3 Julie) of die grense op 15 Julie vir buitelandse toeriste kan oopmaak sonder dat hulle twee weke in kwarantyn moet bly.

“Voorleggings oor die toerismesektor word vandag aan die kabinet ter tafel gelê en ons verwag vandag (3 Julie) ’n aankondiging van die president,” het die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, gister aan Republikein gesê.

“Die toerismesektor se piekseisoen het Woensdag (1 Julie) afgeskop en hopelik kan ons vanaf 15 Julie buitelandse toeriste in die land ontvang om die sektor te red.

“Indien dit nie gebeur nie is ons volgende piekseisoen eers weer in Julie 2021 en dan het baie maatskappye in die toerismebedryf al hul deure gesluit,” het Paetzold gesê.

Die hoop is dat buitelandse toeriste uit laerisikolande Namibië via direkte vlugte kan inkom sonder om ’n tydperk van 14 dae in kwarantyn te wees.

Die Namibiese Federasie van Toerismeverenigings (Fenata) het Duitsland, Ethiopië en Botswana in hul voorlegging as die topdrie laerisikolande geïdentifiseer.

Paetzold sê Fenata, as sambreelorganisasie van verskeie georganiseerde toerismeorganisasies, het van verlede week af hoëvlakbesprekings met die Covid-19-tegniese komitee oor ekonomiese herstel gehad wat vandag die voorstelle aan die kabinet voorlê.

“Alles hang van die kabinetsbesluit af waarna die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking dan bilaterale besprekke met die laerisikolande moet voer,” het Paetzold verduidelik.

“In die voorstel het ons alle moontlikhede oorweeg om risiko’s uit die weg te ruim wat deur die binnekoms van toeriste in die land sou kon gebeur. Dit om ons nasionale verantwoordelikheid te bewys,” het sy gesê.

“Die aankondiging van ons president dat daar wel gekyk moet word na die opening van grense, is 'n reusestap in die regte rigting vir toerisme. Ons besef dis ’n groot verantwoordelikheid om te verseker die stigma word versag dat die Covid-19-virus hoofsaaklik deur toerisme of internasionale reis versprei word.”

Paetzold sê die veiligheid van die Namibiese toeris is net so belangrik soos buitelandse gaste.

“Daarom is protokol geïmplementeer om die veiligheid in die werksomgewing in die gasvryheidsektor te verseker.”

EU-LYS

’n Ander uitdaging is die lys van lande wat vir reisdoeleindes tot die Europese Unie (EU) toegelaat word.

Namibië was een van die tientalle Afrikalande wat op die EU-lys was, maar is vanaf Dinsdag (30 Junie) weer van die lys verwyder. Slegs lande van Noord-Afrika soos Algerië, Marokko, Tunisië en Rwanda is tans op die lys wat elke twee weke hersien word.

Duitsland se ontwikkelingsminister, mnr. Gerd Müller, het ’n beroep op sy minister van buitelandse sake, mnr. Heiko Maas, gedoen om die reisbeperkinge op Afrikalande te hersien, berig dpa.

"In Afrika is 25 miljoen mense van toerisme afhanklik, soos byvoorbeeld in Marokko, Egipte, Tunisië, Namibië en Kenia," het Müller aan dpa gesê.

“As hierdie lande lae infeksiekoerse van Covid-19 het en Europese higiëniese standaarde waarborg, is daar geen rede om hulle van toerisme af te sny nie.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!