Hamleys: Harde werk lê voor om kinders te bekoor

02 December 2019 | Sakenuus
Elvira Wood - Hamleys-speelgoedwinkels het dalk 'n “betowerende aantrekkingskrag” vir sy nuwe eienaar, maar dit gaan harde werk vat om dié winkels weer op dreef te kry.

Faheem Mohammed, direkteur by Osbro, het met Netwerk24 gesels oor dié maatskappy se planne vir Hamleys.

Dit kom nadat Ensolor, die vorige eienaar van die franchise, in Februarie in sakeredding geplaas is.

Hoewel Mohammed erken dat hy oorspronklik nie so opgewonde was om die franchise te koop nie, het Riad Laher, besturende direkteur van Rand Outfitters, hom andersins oortuig.

“Riad was van die oomblik wat hy gehoor het die groep is in sake­redding baie opgewonde oor die moontlikheid om dit te koop. Hy het ons ­onmiddellik gekontak daaroor,” vertel Mohammed.

Hy sê hoe meer hulle na die moont­likheid gekyk het, hoe beter het die plan geklink.

“Ons het net besef dat ons kan nie toelaat dat die groep ondergaan nie.

“Ons eerste rede om die groep oor te neem, was dat dit volgens ons wel winsgewend bedryf kan word. Die tweede rede is dat soveel poste op die spel is.

“Die derde is natuurlik dat dit 'n ­fantasiewêreld is wat nie moet ­ondergaan nie,” sê hy.

Mohammed gee toe hoewel hy Hamleys as 'n fantasiewêreld beskou, dit veel meer as 'n towerstaffie gaan verg om die onderneming weer in orde te kry.

“Net omdat ons die groep oorgeneem het, beteken dit nie alles gaan nou voor die wind nie. Daar is baie uitdagings wat ons moet oorkom,” sê hy.

Een van die uitdagings was om bestaande verskaffers te oortuig om steeds sake met die maatskappy te doen.

“Sommige van ons verskaffers dring daarop aan dat ons hulle vooraf kontant betaal vir bestellings. Gegewe die geskiedenis, is dit natuurlik verstaanbaar,” sê hy.

Mohammed sê te danke aan onderhandelings is al die verskaffers steeds bereid om speelgoed aan die groep te lewer.

“Ons wil nie net by bestaande verskaffers hou nie. My familie het 30 jaar ervaring van invoer. Ons wil kyk watter nuwe produkte ons kan lewer,” sê hy.

Mohammed sê hy wil ook seker maak dat Suid-Afrikaners weet hoewel Hamleys na 'n “duur” winkel lyk, die speelgoed bekostigbaar gaan wees.

Winkels

Wat die winkels self betref, sê Mohammed al die winkels wat tans in bedryf is, sal in bedryf bly.

Die enigste nuwe winkel wat vir eers oopgemaak gaan word, is die een in die Fourways-winkelsentrum in Johannesburg. Dié winkel maak op 6 Desember sy deure oop.

Mohammed sê ná Fourways gaan Hamleys dit waarskynlik eers weer in 2021 oorweeg om nóg takke oop te maak.

As hy gevra word wat die nuwe winkel gaan bied om te verseker dat mense dit besoek, glimlag hy net.

“Glo my, daar is baie verrassings. Kom kyk self.”

Volgens hom gaan dié winkel selfs meer “betowerend” wees as die een in Sandton City, Johannesburg.

Dié winkel bekoor kinders veral met sy glyplank waar hulle van die verdieping bó die winkel tot in die middel van die winkel kan gly.

Vorige eienaar

Stefan Steyn, die sakeredder wat by Hamleys aangestel is, het lank reeds gesê bewyse dui daarop dat Philip ­Paphitis glo die “groep rot en kaal besteel en die pad met sowat R20,3 miljoen gevat het.”

Paphitis het dié bewerings voorheen in 'n e-pos aan Netwerk24 ontken.

Mohammed sê wel hy weet dat Steyn sedertdien 'n klag van bedrog teen Paphitis by die polisiekantoor in ­Bedfordview ingedien het.

Paphitis het nié op Netwerk24 se versoek om kommentaar hierop ­gereageer nie. – Netwerk24

Soortgelyk

 

69 nuwe gevalle stoot bevestigde gevalle op tot 1...

13 ure gelede | Gesondheid

Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in die land het vandag met 69 tot 1 687 opgeskuif. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr....

Covid-19-gevalle styg met 96 tot 1 618

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê die aantal Covid-19-gevalle het met 96 tot 1 618 gestyg. Hiervan is 75...

Verkeer tussen Namibië, Kaap weens Covid-19 ontwrig

1 dag gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Vragverkeer tussen Namibië en die Wes-Kaap kan sedert Donderdagaand nie langs die kortste roete oor die Oranjerivier plaasvind nie, aangesien Suid-Afrika sy...

24-year-old ensuring safety via TaxiConnect

2 dae gelede | Mense

MICHELLINE NAWATISESTaxiConnect is a locally developed ride-hailing company founded in April 2020. TaxiConnect offers an interactive and smart technology of taxi booking for customers and...

Te min isolasie, suurstof vir Walvis se episentrum

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Walvisbaai, Hentiesbaai en Swakopmund het nie genoeg isolasie- en kwarantyngeriewe om die toenemende stygende aantal positiewe Covid-19-gevalle en -kontakte te isoleer nie....

Rehoboth verenig in rou

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting op Rehoboth – Die rou snikke van ’n 20-jarige ma van Rehoboth, me. Roseline Moss, kon gister deurgaans gehoor word toe haar twee...

Weer, Vrydag 24 Julie 2020

2 dae gelede | Weer

WEERWAAK: Oosweertoestande sal oor die Namib en kusareas voorkom. Tref voorsorg.BINNELAND: Koud aanvanklik, andersins sonnig en matig tot warm. 'n Taamlik sterk tot sterk noordoostelike...

Vakbonde tree in bresse vir fabriekswerkers

2 dae gelede | Visserye

Erongo-span – Die president van die Vakbondkongres van Namibië (Tucna), mnr. Paulus Hango, het gesê vakbonde wat werkers in die vissersbedryf verteenwoordig, is bekommerd oor...

Bou van ambassade stort miljoene in ekonomie

2 dae gelede | Infrastruktuur

Kristien Kruger – Die oprigting van die nuwe Amerikaanse ambassadekompleks in Klein-Windhoek het gister 'n sooispitseremonie bereik waartydens dié land se ambassadeur in Namibië, me....