Haitope draf in Tsjeggië
Marathon
Tielman van Lill - Die 29-jarige langasem van die Namibiese polisie, Lavinia Haitope, vertrek binnekort op haar eerste besoek aan Europa waar sy op 7 Mei aan die internasionale Praag-marathon sal deelneem.
Haitopi is saam met Beata Naigombe en Helalia Johannes die enigste drie Namibiërs wat tot dusver vir die IAAF-wêreldkampioenskap kon kwalifiseer wat vanaf 5 tot 13 Augustus in Londen aangebied sal word.
Ná die afgelope maande se harde werk is Haitope se strewe dat sy met dié uitstappie na Praag onder die voorste 10 atlete sal klaarmaak en haar beste tyd kan verbeter, voordat sy na Londen vir die wêreldkampioenskap vertrek.
Sy het die afgelope tyd N$18 000 aan haar vliegtuigkaartjie, visum en reisversekering bestee en hoop van harte die korporatiewe gemeenskap van Namibië help nóg meer atlete om hul drome te verwesenlik om aan internasionale byeenkomste deel te neem.
Tobias Hiskia, wat Haitope afrig, sê sy atleet hét die talent en kan met 'n verbeterde ondersteuningstelsel heelwat beter vaar.
“Ons gaan probeer om haar tye te verbeter. Hoewel haar besoek aan Praag redelik duur is, is dit 'n stap in die regte rigting om haar vir groter dinge voor te berei,” het Hiskia gesê.
Haitopi het op 18 September 2016 haar beste tyd nóg 2 ure 40 min 50 sekondes in die Sanlam Kaapstad-marathon opgestel. Die padwedloop van 42,2 km in Praag, Tsjeggië, word sedert 1995 aangebied en spog met goudstatus van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) wat hy in 2010 ontvang het. Die byeenkomsrekord vir vroue (2 ure 22 minute 34 sekondes) word deur Lydia Cheromei van Kenia gehou toe sy in 2011 gewen het. Nog geen Namibiese atleet kon dié marathon wen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie