Haihambo terug in hof
Haihambo terug in hof
Moord glo ‘uit jaloesie’ gepleeg
20 January 2021 | Howe
Kristien Kruger – Die moordbeskuldige mnr. Philipus Hafeni Haihambo (55) se verhoor het hierdie week in die hoërhof in Windhoek hervat.
Die verhoor was verlede jaar onverwags deur hoërhofregter Orben Sibeya uitgestel omdat verskeie getuies tydens die Covid-19-inperkings van Walvisbaai nie na Windhoek kon reis nie.
Hy het in September 2020, aan die begin van sy verhoor, onskuldig gepleit op die klag van moord en aanranding.
Haihambo word daarvan beskuldig dat hy sy meisie, saam met wie hy in Kuisebmond gewoon het, se keel met ’n kombuismes gesteek het. Hy het na bewering die 36-jarige Hanguwo Otiilie Mwateuvi op 1 September 2019 vermoor en hy is kort daarna in hegtenis geneem.
Volgens die hofstukke het ’n bakleiery tussen hom en die oorledene ontaard, waarna hy haar met die mes in die nek gesteek het. Sy het glo gehardloop om hulp te soek en hy het haar agterna gesit.
Hy het haar glo ingehaal en haar verskeie kere met die mes gesteek. Hy het glo vermoed dat sy meisie, met wie hy een kind het, hom verneuk met haar eks-kêrel omdat hy teksboodskappe op haar selfoon gesien het wat glo daarop gedui het.
Met sy eerste verskyning voor landdros Rhivermo Williams in Walvisbaai se landdroshof is borgtog geweier.
Haihambo staan ook tereg op ’n klag van aanranding omdat hy na bewering die oorledene in Augustus 2019 gestamp en aan haar voete gesleep het.
Adv. Ian Malumani verteenwoordig die staat en die regshulp-prokureur mnr. Alvin Titus verteenwoordig Haihambo.
– [email protected]

Soortgelyk
Covid-19: In beeld 24 Februarie 2021
5 ure gelede | Gesondheid
Vrou geholpe, man se operasie 'n sukses
6 ure gelede | Gesondheid
80 nuwe gevalle, twee sterftes
8 ure gelede | Gesondheid
Okavango-alliansie vra vir moratorium op oliesoektog
10 ure gelede | Omgewing
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...
12 ure gelede | Gesondheid
N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...
12 ure gelede | Gesondheid
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
13 ure gelede | Gesondheid
Metro spoils its customers
15 ure gelede | Plaaslik
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
23 ure gelede | Landbou
Kleinadvertensies