Hai//om dagvaar vir Etosha-grond
Hai//om dagvaar vir Etosha-grond

Hai//om dagvaar vir Etosha-grond

Een van Namibië se mees gemarginaliseerde gemeenskappe soek regstelling vir wat hulle as 'n historiese onreg beskou.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Lede van die Hai//om San-gemeenskap het 'n aansoek by Windhoek se hoërhof ingedien waarin hulle 'n deel van Namibië se nasionale skat, die Etosha Nasionale Park, asook 11 plase in die Mangetti-area eis op grond daarvan dat dit voorvaderlike grond is wat van hulle afgeneem is.

Die aansoek deur mnre. Jan Tsumib, Mannetjie Gabiseb, Bandu Komob, Dawid Willem, Elias Guxab Alexander Araeb, Nikodemus Hawaseb en me. Anna Ais word in hul individuele hoedanigheid sowel as in hul hoedanigheid as verteenwoordigers van die Hai//om-gemeenskap gebring.

Die verweerders is die regering, Namibia Wildlife Resorts (NWR), die Hai//om tradisionele owerheid, die Namibiese Ontwikkelingskorporasie, die !Gobaub Hai//om Genootskap, Wexford Beleggings (Edms.) Bpk., mnr. Joachim Lenssen, Namibia HD Mining and Investment (Edms.) Bpk, mnr. Andreas Runone, die Namibië Waterkorporasie, en die bewaringsgebiede van Ehirovipuka, Sheya Shuushona en King Nehale.



Agtergrond

In die hofdokumente sê die aansoekers dat die Hai//om die grootste San-groep in Namibië is en dat hulle sedert die vroegste tye hul voorvaderlike grond in Noord- en Sentraal-Namibië bewoon het. Die aansoekers sê ook dat die voortsetting van hul tradisionele lewenswyse, kultuur en sosiale samehorigheid afhanklik van hul toegang tot hul voorvaderlike grond en sy hulpbronne is.

Die Etosha Nasionale Park is Namibië se mees ikoniese toeriste-aantreklikheid as gevolg van die groot aantal wilde diere en voëlspesies wat die plat en barre soutpanne bewoon.

Etosha is egter ook die voorvaderlike tuiste van die Hai//om San, wat vir geslagte in die area gewoon het. Die Duitse koloniale administrasie het Etosha in 1907 as nasionale park geproklameer en die Hai//om toegelaat om in die park aan te bly, waar hulle in staat was om in hul eie gebied hul kultuur te beoefen.

In 1954 het die Suid-Afrikaanse administrasie egter dié San-groep aangesê om Etosha te verlaat. Die Mangetti-area het toe 'n belangrike nedersettingsgebied vir die Hai//om geword.



grond

Die grond waarop die Hai//om aanspraak maak is 'n deel van die Etosha Nasionale Park (uitsluitend die Namutoni-, Halali- en Okaukuejo-kampe) en 11 plase in die Mangetti-Wes-area. Vier van die Mangetti-plase is in gebruik deur die ministerie van landbou, water en bosbou vir kwarantyndoeleindes en een deur die Namibiese Ontwikkelingskorporasie.

'n Verdere drie plase asook gedeeltes van twee ander plase word tans deur die ministerie van landbou gebruik om 'n groep verplaasde Oshiwambo-boere te huisves.

Die voorlopige beraamde waarde van die grond is meer as N$3,8 miljard vir die Etosha-grond en N$95 miljoen vir die Mangetti-grond.

In hul aansoek noem die aansoekers dat die regering in die jare ná onafhanklikheid versuim het om enige wesenlike of voldoende maatreëls te tref om die kwesbaarheid en marginalisering van die Hai//om aan te spreek en dat hulle sedertdien in armoede verval het.



Eise

Die Hai//om eis onder andere die herstel van hul grondregte van die deel van Etosha, asook die Mangetti-plase wat hulle in hul aansoek beskryf. Alternatiewelik vra hulle dat hulle die areas mag bewoon en gebruik, óf dat 'n soortgelyke grondgebied aan toegeken word, óf dat hulle finansieel vergoed word vir hul verlies.

In 'n tweede eis vra hulle toegang tot die rykdom en natuurlike hulpbronne van die areas van Etosha waarop hulle aanspraak maak en dat hulle toestemming kry om alle toekomstige besluite oor die natuurlike hulpbronne van Etosha te neem.

Hulle vra verder ook dat tantieme aan die Hai//om betaal word vir die toekomstige gebruik van die grond en natuurlike hulpbronne asook toegang tot hul voorvaderlike grond.

In 'n verdere eis vra die Hai//om vir die reg om die Etosha-grond te ontwikkel, dat hulle toestemming vir ontwikkelingbesluite van Etosha kry, voorkeur geniet in toegang tot werksgeleenthede in Etosha, tantieme, kompensasie vir hul uitsluiting uit Etosha en toegang daartoe.

Hulle versoek ook toegang tot inkomstestate sedert die vestiging van Etosha in 1958.

Behalwe vir twee alternatiewe eise tot die hoofeis, is daar ook 'n finale eis gebaseer op bewerings dat die Hai//om slagoffers van volksmoord was en as inheemse groep aan apartheid, uitsetting en menseregteskending onderworpe was. Onder hierdie eis vra die aansoekers dat 23 000 vierkante kilometer van hul voorvaderlike grond aan hulle toegeken word en onder andere ook dat die regering en die NWR 'n uiteensetting moet gee van watter stappe hulle geneem het om die marginalisering van die Hai//om en hul uitsetting van hul grond af te herstel.

Die aansoek is deur regter Josea Angula tot 21 Junie uitgestel.

Die aansoekers word deur senior advokaat Andrew Corbett, adv. Natasha Bassingthwaighte en mnr. Peter Hathorn verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.10/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.46/lb UP +1.03% | Zinc US$ 2 856.40/T UP 1.22% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 930.59/OZ DOWN -0.006 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.10/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.46/lb UP +1.03% | Zinc US$ 2 856.40/T UP 1.22% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 930.59/OZ DOWN -0.006