'Haglike' grondpaaie ry die land bloots

Al hoe meer padgebruikers maak hul stem dik oor skade aan voertuie weens die swak toestand van grondpaaie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Verskeie van Namibië se vernaamste grondpaaie is in 'n haglike toestand.

Talle ontstoke padgebruikers het die laaste tyd in e-posse, teksbood­skappe en telefoonoproepe aan Republikein uitgevaar oor die toestand van grondpaaie wat volgens hulle nie net lewensgevaarlik is nie, maar ook tot groot geldelike verliese lei wanneer voertuie en vragmotors breek. Dit sluit gasteplaas- en lodge-­eienaars, boere, verskaffers en toeriste in.

“Ons is tans baie bekommerd oor die toestand van die grondpaaie in die groter Namibië. Ek vervoer brandstof na die meeste afgeleë klein nedersettings wat beteken dat ek gereeld die haglikste grondpaaie in die land met my baie duur trokke moet ry,” sê mnr. Johan Botes, eienaar van Northern Fuel Distributors op Otjiwarongo.

“Ons vragmotors ry nie een vrag op die pad vanaf Khorixas oor Vrede na Palmwag en Sesfontein sonder dat dit beskadig word nie. Die houers van die brandstofpyp breek af. Die noodwiel se klampe breek af. Die groot brandstoftenks kraak en breek en die remme en asse hou dit nie,” vertel Botes.

Hy sê buiten die Noordweste en Sentrale Weste, lewer sy span ook brandstof op Otjinene, Epukiro en Talismanus af.

“Die vragmotors ry nie een vrag sonder teëspoed nie, Die onderhoud op die vragmotors is geweldig hoog – soveel so dat dit die potensiaal het om die aflewering van brandstof in verafgeleë gebiede te kan lamlê.

“Ek voorsien al die afgelope agt jaar brandstof aan die vulstasie op Solitaire. Terwyl ek hierdie e-pos skryf, staan een van my vragmotors daar met rempype en goed wat gebreek het. Dit kos my om mense van Otjiwarongo af te stuur om te gaan help.”

Me. Lettie de Villiers van Swakopmund wat gereeld met die C14 van Walvisbaai af oor Solitaire ry, sê dié pad “word net al slegter”.

“Dit is 'n pad wat baie mense ry, en dit bekommer 'n mens dat dit net al meer agteruitgaan.”

Dr. Johannes Smook, 'n tandarts van Durbanville wat verlede maand deur Namibië getoer het, sê hy moes drie keer tydens hul toer sweiswerk aan sy sleepwa laat doen het. “Terug in die Kaap het ek besef ek sal dit moet laat herbou, wat my tussen R12 000 en R15 000 gaan kos.”

Smook sê die C14 tot op Solitaire is “regtig uiters, uiters swak”.

“Vorige kere wat ons Namibië besoek het, was daar oral skrapers besig met instandhoudingswerk. Hierdie jaar was dit nie die geval nie. Ons besoek was 'n nagmerrie. 'n Mens kan nie met 'n kar van R600 000 op daardie paaie ry nie. Daarvoor is die paaie eenvoudig te ellendig.”

Me. Marletta Swart van die gasteplaas Weltevrede aan die C19 tussen Solitaire en Sesriem, sê daar was “vir weke geen padskraper” op dié belangrike toeristeroete nie.

Sy sê hulle help gereeld toeriste wie se voertuie onklaar raak weens die swak toestand van die pad.





Instandhouding

Die Paaieowerheid (RA) het in 2012 vyfjaarkontrakte ter waarde van sowat N$706 miljoen met nagenoeg 40 kontrakteurs gesluit vir instandhoudingswerk aan grondpaaie in die land. Dié kontrakte het nou verstryk.

Mnr. Horst Schommarz, bestuurder van instandhouding by die RA, wou nie tydens 'n telefoniese navraag kommentaar lewer oor die toestand van die grondpaaie nie. Hy het versoek dat die vrae skriftelik aan die openbare skakelbeampte, me. Hileni Fillemon, gerig word. 'n Week later wag Republikein steeds vir antwoorde op dié vrae.

Volgens die nasionale begroting vir 2017-2018, is N$2,7 miljard aan die RA toegeken. Dit is sowat 20 persent minder as die N$3,3 miljard wat die RA in 2016-2017 gekry het.

Fillemon het vroeër in 'n onderhoud aan New Era gesê die Paaieowerheid het vanjaar N$940 562 000 begroot vir die konstruksie van teer- en grondpaaie en N$1,24 miljard vir instandhoudingswerk aan die padnetwerk.



Padgebruikers dok op

Botes sê wat hom nóg meer ontstel, is dat padgebruikers baie opdok vir die gebruik van paaie. “Ons betaal tussen N$35 000 en N$60 000 per vragmotor per jaar aan lisensiegeld, afhangende­ hoe die kombinasie lyk. “Dan betaal ons nog bykomend 41,5 sent per kilometer om op die paaie te ry. Dit beteken Palmwag toe en terug kos my N$164 net vir die grondpad-gedeelte.

“Verder betaal ek nóg N$1,14 per liter diesel aan die RFA (Padfondsadministrasie) deur middel van die RFA-heffing wat deel uitmaak van die dieselprys. 'n Gemiddelde vragmotor ry omtrent 2,3 km per liter diesel. Dit beteken nóg 50 sent per kilometer in die regering se sak, oftewel N$200 vir daardie betrokke stuk grondpad wat ek ry,” skryf hy.

“As jy dan in ag neem dat 'n vragmotor van my gemiddeld 15 000 km per maand ry, beteken dit dat daardie vrag­motor N$18 000 per maand in die RA se sak sit.

“Ek het 20 vragmotors wat 12 maande van die jaar ry. Dit beteken uit my onderneming alleen verdien die RA meer as N$4 miljoen per jaar. Ondanks dit ry ons op paaie waar 'n mens soms op 'n tweespoorpad langs die openbare grondpad moet ry omdat dit eenvoudig onmoontlik is om op die grondpad te ry.”

Botes sê dit is geen wonder nie groot brandstofvervoerders soos Grindrod Fuelogic, Unitrans, Crossroads en XCCS wil nie meer op dié paaie ry nie.

“Ons hou nog die klein plekkies aan die gang deur daar brandstof af te lewer, maar die prys raak net eenvoudig te veel, gesien die toestand waarin die paaie is,” sê Botes.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.67/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.38/lb UP +1.38% | Zinc US$ 2 796.60/T DOWN -0.86% | Brent Crude Oil US$ 87.40/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 938.04/OZ DOWN -0.0021 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.67/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.38/lb UP +1.38% | Zinc US$ 2 796.60/T DOWN -0.86% | Brent Crude Oil US$ 87.40/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 938.04/OZ DOWN -0.0021