Hage wys hoe mens Harambee

Augetto Graig
Augetto Graig - Die president, mnr. Hage Geingob, het die week by die Habitat-sentrum in Katutura komberse, warm baadjies en kosware aan van die armste mense in die Khomasstreek uitgedeel. Dit was die begin van sy winter liefdadigheidsinisiatief.
Gister was die eerste van agt beplande skenkings wat ’n honderd inwoners van agt van Windhoek se tien kiesafdelinge sal bevoordeel. Dié skenkings sal altesame 1 400 mense bereik uit wat die president ’n jaarlikse inisiatief wil maak.
By dieselfde geleentheid is aangekondig dat Geingob vir so lank as wat hy president is, N$20 000 van sy maandelikse salaris aan liefdadigheid sal skenk. Dit volg op verlede jaar Oktober se nasionale konferensie oor die bekamping van armoede, toe hy onderneem het om van sy maandelikse inkomste aan minder bevoorregte mense te oorhandig. Die geld wat in die agt maande sedert Oktober opgehoop het, kom op N$160 000 te staan en is aan die eerste dame, me. Monica Geingos, se One Economy-stigting oorhandig.
Die geld sal deur die stigting bestuur word met een helfte wat vir ’n studiebeurs vir die ontvanger van die Hage Geingob-toekenning gebruik word, terwyl die res deur middel van die Hage Geingob Maatskaplike Opheffingsfonds versprei sal word.
Tydens die oorhandiging van die items, het die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura Mcleod-Katjirua, verduidelik hoe die honderd begunstigdes uit elke kiesafdeling gekies is. Al is daar ook ander Khomas-inwoners wat hulp nodig het, is die president se poging nogtans ’n voorbeeld wat ander Namibiërs moet volg, sê sy. Sy het genoem dat ander streke ook by die president se vrygewigheid sal baat, met Tsumkwe en die Kunene volgende op die lys.
Die adjunkvoorsitter van die Nasionale Raad, me. Margaret Mensah-Williams, het die toespraak in Afrikaans herhaal en gesê die geleentheid toon dat die president nie net van Harambee praat nie, maar dit ook doen. Sy het gevra dat mense die gebaar in ’n goeie lig beskou en dit probeer nadoen.
Die presidensiële woordvoerder, mnr. Albertus Aochamub, het klem gelê op die feit dat die geld nie uit die staat se koffers nie, maar eerder uit die president se sak kom.
Die winterinisiatief teiken bejaardes en kinders in nood, sê hy. Aochamub het ook die brief van Geingob aan sy vrou se organisasie voorgelees en weer gevra dat Namibiërs wat bevoorreg is om ’n bietjie meer geld in die sak te hê, daaraan dink om ’n samelewing te bou wat meer omgee deur ’n groter rol te speel met die bydra van geld, maar ook dié van hul tyd en kundigheid.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!