Hage vry na sakelui

Die staatshoof het gister gesê nét samewerking kan die Namibiese huis red.
Denver Kisting
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob het gister erken “dit mag té laat wees” om sommige van die land se probleme op te los.

Geingob het honderde sakelui in die hoofstad as deel van Swapo se kiesveldtog toegespreek. “Daar is probleme, ja, ekonomiese probleme – enige tipe probleme. Maar hierdie is jul huis en ons moet hande vat om dit reg te stel. Niks is perfek nie.”

Volgens die president is daar ’n beskouing – veral onder buitelanders – dat Namibiërs hul eie ergste vyand is, “omdat julle so negatief is oor jul land. Ons skiet onsself in die voet.”

Van die probleme waarmee die land tans sukkel, sluit korrupsie, armoede en honger in, het hy toegegee. “Dit is ’n baie moeilike tyd en dis nie dat ek verskoning maak (vir die ekonomiese resessie) nie.”

Geingob het verder erken “miskien is dit ons swak besluite” wat die land in ellende gedompel het. “Maar hier is ons nou.”

Die president sê armoede word deels veroorsaak deur verkeerde studierigtings wat plaaslik aangebied word. Volgens hom beteken kwalifikasies in byvoorbeeld geskiedenis en politieke wetenskap nie veel as ’n mens die ekonomie wil bou nie. “Ons moet mense vaardighede leer. PhD’s bou nie. Die vaardighede moet aan die mark se behoeftes voldoen.”

Hy sê die regering kry nie waarde vir die geld wat in die onderwyssektor gestort word nie.

Een van die kenmerke van die land se demokrasie is vreedsame politieke veldtogte in aanloop tot verkiesings, meen hy.

“Sommige mense vra is julle regtig besig met veldtogte? Toe sê ek dis Namibië.”

Geingob is gister deur eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila en talle ministers en raadgewers vergesel, insluitende mnr. Tom Alweendo, die minister van myne en energie, mnr. Calle Schlettwein, die minister van finansies, en mnr. Leon Jooste, die minister van staatsondernemings.

Volgens hom poog die regering om die uitdagings met die bedryf van sake in die land uit die weg te ruim.

“Daar is te veel stoppe wat gemaak moet word (om besigheid te doen) en sommige mense is lui.”

’n Dag nadat twee van Geingob se kabinetsministers moes bedank weens korrupsiebewerings, het hy gesê dit is belangrik om te onthou iemand is onskuldig tot hulle in ’n hof skuldig bevind word.

Mnre. Sacky Shanghala, die minister van justisie, en Bernhard Esau, die minister van visserye en mariene hulpbronne, het Woensdag bedank nadat ’n internasionale visskandaal om hul koppe losgebars het.

Vroeër vanjaar het die eertydse minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, ook bedank nadat die Windhoek-hoërhof haar aan korrupsie skuldig bevind het.

Geingob sê hy het verskeie agterdogtige tenders gekanselleer soos die omstrede multimiljarddollartender van die lughawepad en dié wat met ’n oliestooraanleg verband hou.

Ook, meen hy, hy sal “gaan rus” as hy demokraties op 27 November by die stembus onttroon word.

“As jy nie van Swapo hou nie, organiseer jou eie party en stem hulle uit. Stem my uit – ek sal dit nie teenstaan nie. Maar moet my nie my reg ontneem om te lei solank ek gesond is nie.”

Volgens hom is hy veel gesonder as mense ver jonger as hy.

Oor die omstrede voorgenome verkoop van die Erindi private wildreservaat het Geingob gesê baie mense vergeet dié oord is reeds in besit van buitelanders.

Een sakeman wou by Geingob weet wat sy planne vir die volgende vyf jaar is om die honger, werklose jeug te help. “Vyf jaar van nou af sal ons nie vreedsame verkiesings hê nie. Ons het nog nie die ergste (ekonomiese probleme) gesien nie. Ons voel julle dink nie aan praktiese oplossings nie,” het die sakeman gesê.

Dit het gekom ná hy vir Geingob bedank het vir dit wat die regering vir die sakegemeenskap doen.

Geingob het toe beweer die man weerspreek homself.

“Jy praat van 30 jaar se vrede en daarna praat jy van probleme. Wat doen jy daaromtrent? Dis hoe ons is as Namibiërs. Die regering is nie hier om werk te skep nie. Dis die private sektor, maar ons private sektor is so klein.”

Volgens hom soek mense net redes om te toi-toi, “want vrede is vervelig”.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.65 | EUR to NAD 20.3 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.94/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.99% | Zinc US$ 2 873.90/T UP 2.4% | Brent Crude Oil US$ 88.08/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 902.25/OZ UP +0.01%