Hage open parlement
Hage open parlement

Hage open parlement

Integriteit, aanspreeklikheid en professionalisme is die Namibiese parlement se mikpunte vir 2019.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die jaar 2019 sal die Namibiese regering definieer.

So sê president Hage Geingob, wat gister amptelik die parlement geopen het.

Volgens hom is dit ’n jaar “waarin ons óf hande gaan vat en saamtrek om ons winste te konsolideer en daarop te bou óf die risiko gaan loop om dekades van vooruitgang sedert onafhanklikheid tot niet te maak.”

“Parlementslede moet die toonbeeld van deugdelikheid wees,” het hy gesê, en verwys na die parlement se tema vir 2019 naamlik bevordering van integriteit, aanspreeklikheid en professionalisme.

Die president het die belangrikheid van die publiek se vertroue in die regering beklemtoom en gesê dit is noodsaaklik vir enige doeltreffende regering. “Integriteit, aanspreeklikheid en professionalisme is die fondament van effektiewe bestuur. Dit versterk op sy beurt ons pogings om ontwikkelingsdoelwitte te bereik én beskerm ons teen verlammende gedrag soos korrupsie,” sê hy.

“Dit is noodsaaklik om die mense se vertroue in die regering te vergroot. Dit behoort hier te begin, in die parlement, waar die verteenwoordigers van die kiesers streef na aanspreeklikheid en deursigtigheid van stelsels,” het Geingob gesê.

“As parlementêre instansies wantrou en as korrup beskou word, veroorsaak dit 'n ernstige uitdaging vir ons demokrasie en maak dat ons nie ons beloftes aan ons kiesers kan nakom nie.”

Geingob het voorts die belangrikheid van dekorum en parlementslede se gedrag in die openbaar en by die werk uitgelig, wat die publiek se indruk van die hele regering kan beïnvloed.

“Individue wat in die openbare sektor werk, behoort aan sekere professionele en etiese standaarde te voldoen,” het hy gesê. “As verteenwoordigers van die mense moet ons altyd in ag neem dat ons reputasies ons waardevolste bate is. As jou reputasie beskadig is, word jou doeltreffendheid belemmer.”

Geingob het ook uitgewei oor 14 wetsontwerpe op die parlement se werksprogram. Dit sluit in dié met betrekking tot egskeiding, regspraktisyns, die ombudsman en landdroshowe.

Nog wetsontwerpe wat die jaar bespreek sal word, handel oor verkragting, geregtigheid vir kinders, die hooggeregshof, bekamping van marteling, elektroniese transaksies, die sentrale bank, asook Namibia Post and Telecommunications Holdings.

Die parlement sal voorts besluite maak oor wetsontwerpe op die invoer van suiwelprodukte, bekamping van seebesoedeling en die stig van 'n maritieme owerheid.

Wat betref die wetsontwerp rakende die ombudsman, versoek Geingob groter onafhanklikheid en magte.

Die wetsontwerpe op basiese opvoeding en openbare staatsondernemings is na die Nasionale Raad vir heroorweging teruggestuur.

Aanpassings aan wette wat handel oor verkragting, is gemik op groter sorg vir slagoffers.

“Ons sien baie ontstellende gevalle in ons samelewing waar individue wat vir verkragting in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat word. Net om weer misdaad te pleeg, en nog meer fisieke en sielkundige trauma in ons gemeenskappe te veroorsaak, het die president gesê.

“As die opperwetgewer moet die parlement wetgewing voorstel wat sal help om sosiale euwels te beveg wat sosioëkonomiese vordering in ons land beperk.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.73/OZ UP +0.50% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.13% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 938.26/OZ DOWN -0.0018 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.73/OZ UP +0.50% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.13% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 938.26/OZ DOWN -0.0018