Hage lei staatsbesoek na China
Hage lei staatsbesoek na China

Hage lei staatsbesoek na China

Namibiese leiers vlieg vandag oos op uitnodiging van pres. Xi Jinping.
Augetto Graig
Augetto Graig - Pres. Hage Geingob lei vandag 'n groot afvaardiging van ministers, staatsamptenare, sakelui en leiers van staatsondernemings op 'n staatsbesoek na China.

Dít op uitnodiging van dié land se staatshoof, pres. Xi Jinping. Die uitnodiging is onlangs in Xi se gelukwensinge aan Namibië met die land se 28ste onafhanklikheidsvieringe herhaal.

Die groep van 81 Namibiërs sal China van 27 Maart tot 2 April besoek.

Dr. Alfredo Hengari, presidensiële woordvoerder, het in 'n mediaverklaring gesê die besoek sal op sektore soos wetenskap en tegnologie, infrastruktuur, landbou, handel en nywerheid, sakebevordering en toerisme fokus.

Geingob sal deur die presidentsvrou, me. Monica Geingos, en 'n afvaardiging van 20 ­kabinetslede, asook senior staatsamptenare vergesel word.

Van die ministers wat saamreis, is die adjunk- eerste minister en minister van ­internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, die minister van hoër ­onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, en die prokureur-generaal, dr. Albert Kawana.



SAKELUI

Sakelui uit verskeie sektore sal in China by die president aansluit. Die 60 sakeleiers wat ­saamgaan, sluit in mnre. Hosea Nico Kaiyamo van Cavema Fishing, David Sheehama David van Kambwa Trading, me. Lynette Lutombi van O&L Leisure, mnre. Amos Shiyuka van MobiPay, John Walenga van Omalaeti ­Productions, Jerome Mutumba van Guinas Investments en Knowledge Katti van Kombat Berries.

Ook mnre. Elmo Kaiyamo van Otesa, Feni Nanyeni van Nanyeni Investments, Martin Shipanga van Shipanga Medical Services, Erastus Shapumba van die Chicco Groep van Maatskappye, Robanus Amadhila van Roama Gates Manufacturing, me. Nathalia Goagoses van House of Telne en mnr. Jeremia Muadino­hamba van Muadifam Enterprises sal die ­afvaardiging vergesel.

Verder is dr. Leake Hangala, direkteur van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) en die uitvoerende voorsitter van die Hangala-groep, mnr. Kennedy Hamutenya, die uitvoerende hoof van die nasionale diamantbemarkingsmaatskappy, Namib Desert Diamonds (Namdia), die voorsitter van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC), mnr. Rodger Kauta, die NAC se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Albertus Aochamub en die adjunk-voorsitter, me. Beverly Vugs, ook deel van die afvaardiging.

Die uitvoerende hoof van die Paaieowerheid, mnr. Conrad Lutombi, is ook deel van die ­afvaardiging.

Terwyl die staatshoof daar is, sal hy handelsbetrekkinge en samewerking op die gebied van ontwikkeling tussen die twee lande versterk, het Geingob in 'n verklaring gesê.

Hy het gesê die besoek sal daarop gemik wees om betekenisvol tot Namibië se ekonomiese en nywerheidsontwikkeling by te dra. Die president het voorts gesê Namibië kan baie van China as kernsentrum van uitnemendheid en tegnologiese innovasie leer. Dié land kon in minder as vier dekades sowat 800 miljoen mense uit armoede ophef, het hy gesê.



KOSTE

Hengari het aangedui Geingob en sy afvaardiging sal vandag op kommersiële vlugte vertrek. Indien die regering vir almal se vliegkaartjies betaal, sou vlugte op Qatar Airways vir die hele geselskap meer as N$10 miljoen uit die land se leë staatskoffers jaag.

Hengari kon gister nie bevestig of die regering direk vir die betrokke sakelui se vervoer en verblyf verantwoordelik is nie.

Staatsondernemings soos Epangelo, die ­Offshore Development Company (ODC), die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) en die Namibië Ontwikkelingskorporasie (NDC) sal die belasting op hul amptenare se reis- en verblyftoelae moet betaal, asook op die toelae van die vier Air Namibia-hoëlui en die drie van die NAC wat saamvlieg.

Hengari regverdig dié koste as volg: “China is die tweede grootste ekonomie ter wêreld, en die president van 'n klein staat is op topvlak genooi. Daar is baie om te oorweeg in terme van die voordele wat ons in staat kon stel om die uitdagings van werkloosheid, armoedevermindering en infrastruktuurontwikkeling te hanteer. Ons moet genoeg energie vir die verbetering van betrekkinge tussen Namibië en China inspan.”

Hy sê verskeie ooreenkomste sal na verwagting tydens die besoek gesluit word.

Dit sluit in die konstruksie van 'n satelliet- grondontvangsstasie, die vestiging van 'n ekonomiese en handelsamewerkingsone en nywerheidspark (!Nara Namib-projek) op Walvis­baai, en die voltooiing van die protokol oor die ­kwarantyn- en gesondheidstoestand vir beesvleis wat van die bek-en-klou-seer-vrye sone van Namibië afkomstig is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!