Hage klim onder Swapo-lede in

Looi LP’s

17 July 2020 | Regering
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob het gisteroggend (16 Julie) aan Swapo-LP’s gesê diegene wat nie hul kant bring nie, sal herroep word.

Hy het lede daaraan herinner hulle het dit tot in die Nasionale Vergadering (NV) gemaak danksy verlede jaar se Swapo-kieskollege. “Dus is ’n setel aan jou toegeken in die NV van die partylys – geskoei op die persentasie van setels wat in die verkiesing verower is.”

Hiervolgens het onder meer Swapo 63, Popular Democratic Movement (PDM) 16, Landless People’s Movement (LPM) 5, National Unity Democratic Organisation 2 setels bekom. “Met hierdie uitslae in gedagte moet ’n mens die vraag vra hoe kan mense wat met ’n ekstra 30 setels lei deur ander beheer word?”

Terwyl Swapo van binne en buite aangeval word, moet LP’s deurgaans waaksaam bly, sê Geingob.

Dit is nie Swapo-LP’s se werk om in die NV in persoonlike geskille betrokke te word nie, sê hy. “Julle moet die toon aangee en die agenda stel en nie ander toelaat om dit te doen nie! Moenie vergeet die mense en Swapo kyk vir julle nie, en sou julle versuim om jul pligte doeltreffend uit te voer, kan julle herroep word in belang van die land en die Swapo-party. Dit is hoe hierdie stelsel werk.”

Sodra daar op kabinetsvlak oor ’n kwessie beraadslaag en ’n besluit geneem is, moet Swapo-lede as ’n verenigde front in die NV saamstaan, het hy gemaan.

Sou ’n lid nie met die besluit vereenselwig wil word nie, is die enigste alternatief om te bedank, sê Geingob.

Hy het voorts gesê hy het die laaste aantal weke nougeset die parlementêre gebeure op nasionale televisie gevolg.

Volgens hom is hy diep teleurgesteld oor hoe Swapo-LP’s toegelaat het dat die opposisie die voortou neem.

Dit kan maklik voorkom asof die opposisie in beheer is, sê hy. “Julle moet besef ’n meerderheidsverteenwoordiging is nie doeltreffend nie as jy nie daardie meerderheid laat tel nie. Daarom moet julle nie die indruk wek asof julle verslaan is nie deur politieke pawiljoenstaanders toe te laat om debatte te oorheers nie.”

Indien Swapo-LP’s nie hul man staan nie, sal onsmaaklike oomblikke hoogty vier, soos toe stigterspres. Sam Nujoma, onlangs in die parlement onder beledigings deurgeloop het, sê Geingob.

Hy sê: “Dit is inderdaad ’n interessante tyd om ’n politikus te wees. Dit is beide opwindend en uitdagend. Opwindend omdat die Namibiese demokrasie waarlik volwasse geword het – gekenmerk deur die toetrede van ’n nuwe dinamiese en lewende politieke menigte.”

Syns insiens maak lede uit die jeugvleuel reeds ’n impak in die NV, sê Geingob.

Die nuwe normaal, wat onder meer die dra van gesigmaskers insluit, dra by tot die uitdagings, meen hy. - [email protected]

Soortgelyk

 

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

36 minute gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

5 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

16 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

16 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...

Japanese embassy lends helping hand

16 ure gelede | Onderwys

AI Steenkamp Primary School in Windhoek inaugurated five new classrooms as well as a storeroom on 6 August with aid from the Japanese embassy through...