'Haat' dryf Warner in reeks om die As
Krieket
Die Aussie-kolwer David Warner sê dit is “oorlog” om teen Engeland te speel en hy is van plan om sy “haat” vir die toeriste te stook vir bykomende motivering voor die reeks om die As.
Warner het in 2013 voor die eerste toets in Brisbane gesê Engeland het “bang oë” wanneer hulle teen die Aussies se snelboulers te staan kom en supersport.com berig hy het sy sielkundige oorlogvoering nou hervat.
“Die geskiedenis, die trots wat op die spel is ... Sodra jy op daardie lyn trap, is dit oorlog,” sê Warner.
“Jy probeer om so gou moontlik in die veldslag betrokke te raak. Ek probeer kyk in 'n teenstander se oë om vas te stel hoe om nie van hom te hou nie, hoe ek die oorhand kan kry.
“Jy moet daardie vonk in jou vind om die stryd na die teenstander te neem. Jy moet diep in jouself delf om een of ander haat vir hulle te kry.”
Australië se aartsvyand is reeds met die rug teen die muur nadat sy sterspeler Ben Stokes betrokke geraak het in 'n paar skandale in sy tuisland, wat 'n bakleiery by 'n nagklub insluit.
Steve Waugh, voormalige kaptein van Australië, het verlede week die skroewe stywer gedraai toe hy sê Engeland kan nie die reeks om die As sonder Stokes wen nie.
Die snelbouler Mitchell Starc het boonop gewaarsku as Stokes wel die toer meemaak, sal hy geteiken word.
“Ek sê jou, ek is vreesbevange wanneer ons in die nette oefen,” sê Warner met verwysing na die Aussies se snelboulers Starc, Pat Cummins, Josh Hazlewood, Nathan Coulter-Nile en Jackson Bird.
“Hopelik is hulle (Engeland) bang, want dit is 'n uitdaging om ons boulers te trotseer.”
Darren Lehmann, die Aussies se afrigter, het hom by die woordestryd aangesluit en sê hy kan nie wag om te sien hoe broos Engeland se kolwers kan wees wanneer hulle met sy span se snelaanval te doen kry nie.
“Dit sal interessant wees. Hulle sal daarmee moet saamleef; hulle weet dit is wat op hulle wag,” sê hy.
Starc en Cummins, wat beide 150 km/h kan boul, kan vir seker probleme veroorsaak, veral vir die Engelse se middel- en lae-orde op blaaie met wip. Hulle het nie laas keer daarvan gehou nie (toe Australië die vorige reeks om die As Doer Onder met 5-0 beklink het).
Trouens, Engeland, die huidige houer van die As, het twee van sy laaste drie toere Doer Onder met 5-0 verloor.
Die eerste van die vyf toetse begin op 23 November op die Gabba in Brisbane. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie