Haaie hoop hulle het wenresep beet teen Reds
Rugby
Tinus van Staden
Die Haaie se afrigter, Robert du Preez, sal hoop sy mengsel van jeug, ervaring en 'n baie bekwame plaasvervangersbank is 'n wenresep wanneer sy span die Reds môre in Brisbane pak.
Du Preez het gister sy eerste Superrugby-span van die seisoen aangekondig en die beginspan is op een na dieselfde as die een wat in die KwaZulu-Natallers se laaste opwarmwedstryd gespeel het.
Du Preez het sodoende getrou gebly aan sy belofte om spelers te beloon wat in die voorseisoen beïndruk het.
Die enigste verandering wat aan die laaste losmaker, twee weke gelede teen 'n Bulle-vyftiental, se opdrafspan gemaak is, is Coenie Oosthuizen wat vir Lourens Adriaanse op vaskopstut vervang.
Oosthuizen vorm saam met Tendai (Beast) Mtawarira en Franco Marais 'n sterk voorry met Ruan Botha en Etienne Oosthuizen wat saam op slot sak.
Philip van der Walt, Jean-Luc du Preez en Tera Mtembu, wat as die onderkaptein aangewys is, vorm die lostrio. Van der Walt sal die rol van baljagter vertolk, maar Du Preez kan dalk 'n bloutjie loop met dié dat hy nie 'n erkende, tradisionele nr. 6-flank gekies het nie.
Die Reds het die Wallaby-veteraan George Smith as oopkantflank gekies en hy behoort die lewe in die vastelos moeilik vir die besoekers te maak.
In die agterlyn vorm die skrumskakel Cobus Reinach en die kaptein, Pat Lambie, vir die eerste keer sedert April 2015 die Haaie se Super-skakelpaar.
André Esterhuizen en Lukhanyo Am is as die senterpaar gekies.
Die Springbok Lwazi Mvovo sal in sy 100ste Superrugby-wedstryd speel en hy vorm saam met Kobus van Wyk en Curwin Bosch 'n gevaarlike agterste driehoek vol belofte.
“Ek is baie bly vir Lwazi. Hy stel vir homself baie hoë standaarde en dit is wonderlik om 'n speler met sy ervaring te hê wat altyd 'n goeie voorbeeld vir die jong ouens in die span stel,” sê Du Preez.
Du Preez het 'n ervare plaasvervangerbank gekies met vier Springbokke en die Franse heelagter Clement Poitrenaud wat moontlik sy Super-buiging kan maak.
Die haker Chiliboy Ralepelle, Adriaanse, die slot Stephan Lewies en die skrumskakel Michael Claassens is die plaasvervangers met Bok-baadjies.
Haaie: Curwin Bosch, Kobus van Wyk, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Lwazi Mvovo, Pat Lambie (k), Cobus Reinach, Tera Mtembu, Jean-Luc du Preez, Philip van der Walt, Ruan Botha, Etienne Oosthuizen, Coenie Oosthuizen, Franco Marais, Tendai (Beast) Mtawarira. Reserwes: Chiliboy Ralepelle, Thomas du Toit, Lourens Adriaanse, Stephan Lewies, Jacques Vermeulen, Michael Claassens, Jeremy Ward, Clement Poitrenaud.
Reds: Karmichael Hunt, Chris Kuridrani, Samu Kerevi, Duncan Paia'aua, Eto Nabuli, Quade Cooper, Nick Frisby, Scott Higginbotham, George Smith, Adam Korczyk, Kane Douglas, Rob Simmons, Sam Talakai, Stephen Moore, James Slipper (k). Reserwes: Andrew Ready, Markus Vanzati, Sef Fa'agase, Izack Rodda, Hendrik Tui, James Tuttle, Jake McIntyre, Izaia Perese. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie