Haaie begin volgende week sweet
Rugby
Tinus van Staden – Die Haaie hoop om volgende week met 'n impromptu “voorseisoen” te begin, wat vir drie weke sal aanhou voordat hulle met rugbygerigte oefeninge wil begin wat ook vir drie weke sal aanhou.
“Hopelik sal ons dan oor 'n maand-en-'n-half of twee maande kan begin speel, maar dis nie in ons hande nie,” het Eduard Coetzee, die Haaie se uitvoerende hoof, aan Netwerk24 gesê.
Coetzee sê die aankondiging dat beroepsrugbyspanne in vlak 3 van die nasionale Covid-19-inperking mag oefen, is uiters positiewe nuus.
“Dit gee ons hoop dat ons binnekort sal kan begin speel. Ons het nie geweet die aankondiging kom nie, maar ons het gehoop en vertrou.”
Volgens die regulasies mag wedstryde in kontaksport nog nie hervat nie, maar die rugbybedryf maak nietemin gereed vir wanneer die regering weer wedstryde sal toelaat. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het in April aangekondig dat 'n “plaaslike unie- en franchise-kompetisie tussen Junie en Augustus as ander plaasvervanging vir Superrugby en Pro14” beplan word. Alles hang egter af van hoe en wanneer die regering die volgende inperkingsvlakke in werking stel.
Intussen het die Haaie Maandag weer by Kingspark aangemeld.
“Ons het baie van die spelers wat buite die provinsie was, al verlede week laat terugkom (Durban toe). Hulle het mediese vraelyste gekry om te probeer vasstel of enigeen van hulle met iemand in kontak was wat dalk aan die virus blootgestel was,” sê Coetzee.
“Gister het ons mediese en rugbypersoneel teruggekom en strategiebeplanning gedoen. Nou begin ons met mediese ondersoeke en toetse soos EKG-, bloed- en harttoetse op al die spelers, om seker te maak niemand het dalk Covid-19 gehad nie.
“Ons doen omvattende mediese toetse en gaan fiksheidstoetse ook doen, maar dit sal alles dié week gebeur. Van volgende week Maandag af sal ons in klein groepies met kondisioneringswerk begin, amper soos in die voorseisoen. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie