'Guptas wil Zuma se mag gebruik'
'Guptas wil Zuma se mag gebruik'

'Guptas wil Zuma se mag gebruik'

Dit blyk die Guptas probeer alle houvas wat hulle nog op pres. Jacob Zuma het, gebruik om Standard Bank te beïnvloed om hul besluit om nie meer met die omstrede familie sake te doen nie, terug te trek.
Estelle de Bruyn
Standard Bank is ten sterkste gekant teen enige inmenging wat hul besluit betref om nie langer met die omstrede Gupta-familie sake te doen nie en voer in hof­stukke aan dat afgesien van internasionale wetgewing wat banke die reg gee om rekeninge van maatskappye te sluit, het die Guptas ook die bank se naam en reputasie deur die modder gesleep.

Standard Bank het Woensdag die vierde bank geword wat in die hof probeer verhoed dat die regering inmeng in sy besluit om nie meer met die Guptas en hul maat­skappye sake te doen nie.

Dié bank het die hooggeregshof in Pretoria gevra om Zuma en sy ministers te verbied om in te meng in sy besluit om die rekeninge van maatskappye met Gupta-bande te sluit.

Standard Bank se hofaansoek gaan verder as die verklarende bevel wat Pravin Gordhan, minister van finansies, in Oktober van die hooggeregshof gevra het. Gordhan het die hof gevra om uitspraak te lewer oor sy magte, of gebrek daaraan, om in te gryp nadat die Guptas gepleit het dat die regering ingryp en die bankrekeninge herstel.

Gordhan se aansoek is beskou as 'n slim manier om banke oor te haal om die redes vir die sluiting van die rekeninge openbaar te maak, naamlik omdat verdagte transaksies van minstens R6,8 miljard deur die rekeninge gevloei het.

Vóór die aansoek het die banke taktvol probeer stilbly oor die redes deur hul vertroulike verhouding met kliënte voor te hou.

Standard Bank se aansoek kom nadat Nedbank en FirstRand die afgelope weke hofstukke ter ondersteuning van Gordhan se saak ingedien het waarin hulle daarop sinspeel dat die rekeninge weens moontlike geldwassery en korrupsie gesluit is.

Banke is wetlik verplig om streng op te tree om dié tipe misdade te voorkom.

Ian Sinton, groepshoof van Standard Bank, het Woensdag sy beëdigde verklaring by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Hierin lys hy tien redes waarom Standard Bank die rekeninge van die Guptas gesluit het.

Die lys begin met die saketransaksie waar Tegeta Optimum Coal Mines gekoop het, die sake­transaksie van R4 miljard waar Tegeta steenkool aan die Amajuba-kernstasie verskaf, beweerde staatskaping en die voorval waar Vytjie Mentor beweer het die Guptas het haar 'n kabinetspos aangebied in ruil daarvoor dat sekere kommersiële besluite ten gunste van die Guptas geneem sou word.

Benewens dié redes het Sinton gesê 'n bykomende faktor was dat die Guptas Standard Bank se reputasie deur die modder gesleep het deur in die openbaar hulle die skuld te gee dat 7 500 werknemers van Oakbay nie betaal sal kan word nie en moontlik hul werk sal verloor.

Sinton sê in sy verklaring Standard Bank moet internasionale reëls ten opsigte van geldwassery, omkopery en korrupsie in ag neem.

“Standard Bank is geregtig om hul verhouding met Oakbay te verbreek om sy reputasie te beskerm en ook om die moontlikheid om by onwettige aktiwiteite betrokke te raak, te vermy.”

Standard Bank vra die hof om, soos Gordhan, te beveel dat geen persoon van die nasionale uitvoerende komitee, insluitend Zuma en al die kabinetslede, by dié bank se besluite mag inmeng nie.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, het in September gesê die kabinet gaan 'n regterlike ondersoek doen na die bankbedryf weens die besluit om die Guptas se rekeninge toe te maak.

Pres. Jacob Zuma het egter teruggekrabbel en gesê Zwane se verklaring is in sy “persoonlike hoedanigheid” gedoen, maar steeds gesê dit kan mettertyd geïmplimenteer word.

Sinton voer aan dat Zuma onder die invloed van die Guptas werk om dié bank te dwing om sy besluit te heroorweeg.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%