Gruwel in kraamsaal

Haar naam was Zaphaney Tahiron en sy is lief vir haar – of sy normaal was of nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – “Ek het met ’n lewendige mens in my maag ingegaan en ek kom met niks huis toe nie.”

’n Erg getraumatiseerde vrou van Windhoek moet nie net die dood van haar babadogtertjie verwerk nie, maar ook saamleef met die beelde van ’n dokter wat haar dogtertjie se kop tydens die geboorteproses afgeruk het.

Die 24-jarige *Sara se nagmerrie het Donderdag begin toe sy met kraampyne in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem is. Sy was sewe maande swanger en 5 cm ontsluit. Volgens Sara het die dokter aan diens gesê hy voel dis ’n baie groot baba en hy moet “sny”, maar het gesê sy kan normaal kraam. Sara het haar kind se hartklop op die hartmonitor gehoor, maar het gevoel asof iets “blok”.

“Hoe meer ek druk, hoe meer kom niks uit nie. Ek het gevoel ek verloor my kragte. Toe vat hy die vakuum (suigapparaat) en druk dit in my in. Ek het gesê ek kry seer, maar hy het gesê ek het nie ’n keuse nie”.

Die dokter het drie keer onsuksesvol haar dogtertjie probeer uithaal.

“Die derde keer, toe spat my kind se bloed op my en teen die bed vas. Toe vat hy ’n lemmetjie en begin sny my net by my privaatdeel. Ek het dit alles gevoel.”

’n Suster wat teenwoordig was in die wagkamer waar Sara moes kraam, het gesê sy sien die baba se kop, Sara moet net verder druk.

“Toe vat die dokter my kind aan die kop en pluk dit. Hy het haar so gevat en geruk. Hy vat toe haar kop en druk dit in my gesig en sê ‘look what you have done’. Hy het haar kop op die bed neergegooi.”

Sy het begin gil toe sy haar kind se kop sien, sê Sara.

“Ek kon dit net nie meer hanteer nie. Dis dan die kind wat ek elke dag gevoel het in my, sy’t in my geskop, sy’t ge-beweeg.”

’n Emosionele Sara vertel die dokter het daarna gesê hy moet ’n “emergency” sny op haar doen, sy moet net die papiere daarvoor teken.

“Haar handjies het nog by my uitgehang.”

Sy kon sien die dokter het geskrik en was op sy senuwees.

“Hy het gesê ‘I should save your life now, the baby’s body can produce something in you’. Ek het vir die suster gevra en sy het gesê die kind se liggaam kan gif in my maak as hulle nie nou die liggaampie uithaal nie.”

Dieselfde dokter wat tydens die geboorte teenwoordig was, wou ná die keisersnee vir Sara foto’s op sy selfoon van haar dogtertjie wys vir wie sy die name Zaphaney Tahiron gegee het.

Die foto’s is aan Republikein bekend.

“Hy wou hê ek moet foto’s kyk van die kind, maar ek wou nie. Toe wou hy dit vir my stuur. Hy blame alles op my, hy sê dis my skuld dat sy dood is. Hy het gesê al het die kind gelewe, sou sy abnormaal wees. Sy het nie ’n skull gehad nie, so dis beter sy is weg. Hy sê sy sou net twee ure geleef het, dan sou sy doodgegaan het.

“Niemand het besluit om te sê wie wanneer doodgaan nie, daai kind kon miskien langer gelewe het, ek kon vir haar bye gesê het, hy het my geluk net so weggevat en nooit verskoning gevra nie.”

Dis oraait as sy abnormaal was, sê Sara. Sy sou steeds haar kind gewees het.

“Ek sou agter haar gekyk het. Ek sou lief gewees het vir haar, maak nie saak wat nie.”

Volgens Sara is haar plasenta “uitgehaal om weggestuur te word”.

“My dogtertjie het my plasenta uitgerek met haar grootgeit en lengte; sy was baie lank. Die dokter het ook vir my gesê hy glo nie ek gaan ooit weer kind kry nie, want sy het my baarmoeder gedamage.”

Sara is ná die keisersnee na ’n private kamer in die kraamsaal oorgeplaas en as private pasiënt verder behandel.

“Ek het hulle gevra kan ek nie maar huis toe gaan nie. Ek kan nie ander babatjies se gehuil hoor nie. Dit bly in my kop. Ek hoor die kind, ek sien die kind.”

Sy het gevra hoe sal sy dan die rekening kan betaal, sy het nie geld vir private behandeling nie.

“So hulle wou my oorgekoop het.”

Sara vertel ’n matrone het ná die tyd met haar kom simpatiseer.

“Sy het gesê sy is baie jammer oor wat gebeur het en die hele personeel staan agter my in enige besluit wat ek wil doen of wat ek wil maak. Dit was die eerste keer wat so iets in hul toesig gebeur het.”

Volgens Sara moes sy en ’n maatskaplike werker, wat aangebied het om haar te ondersteun, haar groen mediese paspoort steel om te sien wat personeel hierin oor die voorval geskryf het.

Die manier hoe hulle dinge hanteer het, was baie skelm gewees, sê sy.

“Hulle wou my nie die groen kaartjie laat kyk het nie. As hulle my bloeddruk geneem het, skryf hulle en vat onmiddellik die boek weg. Ek het foto’s geneem van alles wat in die boek staan. In die boekie sê hulle ek is ’n unbooked patient, maar hulle het my pienk kaartjie laat wegraak.”

Sy weet dit gaan nie haar dogtertjie terugbring as sy praat nie, maar miskien kan sy iemand anders se kind red of iemand help met haar storie, sê Sara.

“Dalk het dit klaar met iemand anders gebeur en dan het daardie mens nie oopgemaak nie.”

Die gebeure bly by haar spook, soveel so dat sy ’n paniekaanval gehad het.

“Ek droom van my babatjie, hoe ek haar gesig en haar lyf hou.”

’n Lykskouing gaan geen verskil maak of vrede bring nie, sê Sara.

“Sy is klaar weg. Ek het met ’n lewendige mens in my maag ingegaan en ek kom met niks huis toe nie.”

Vir nou wil sy eers haar dogtertjie begrawe en is daar die kommer oor waar die geld vir die kis en die graf vandaan sal kom.

“Ons nodig die kis. Die beste sal wees om haar maar net toe te gooi dat sy ’n plekkie het om te rus. Ek weet nie hoe ek gaan maak nie.”

Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het by navraag gesê die voorval is nie onder sy aandag gebring nie. Hy sou vervolgens sy eie ondersoek van stapel stuur en dit met die superintendent en matrone van die hospitaal opvolg.

“Ons sal by die kern uitkom van wat gebeur het. Ons het prosedures in plek om gevalle van bewerings van wanbestuur aan te meld en te ondersoek,” het hy gesê.

*Nie haar regte naam nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!