Gru-klagte beland pastoor in hof
Catherine Sasman - Die stigter van die Evangeliese Mennonitiese Broederskerk in Namibië, mnr. Pedro Marcelino Moussongela, verskyn vandag in die hof in wat moontlik die grootste klag van mensehandel in die land ooit is.
Hy sal vanoggend in die Windhoekse landdroshof op klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer verskyn. Moussongela word daarvan beskuldig dat hy sy dogter ontvoer en die ma van die kind buite NamRights se kantoor in Windhoek aangerand het.
Hy gaan ook later vandag in die landdroshof in Katutura verskyn op klagte van mensehandel, verkragting, bedreigde aanranding en bloedskande.
Dit word beweer dat Moussongela vyf van sy kinders na Engeland gesmokkel het. Hy het na bewering iemand opdrag gegee om drie van hierdie kinders, almal onder die ouderdom van 12, in ’n straat in Londen af te laai. Een van die vyf kinders het hy met sy dogter verwek, wat hom glo vir onderhoud voor ’n hof gedaag het.
Die vyf kinders is intussen deur die Britse polisie in bewaring geneem.
Moussongela is reeds op twee vorige kere deur die twee landdroshowe op borgtog vrygelaat. Hierdie vrylatings was streng gekritiseer en beskuldigings was gemaak dat die Angolese burger wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRC) grootgeword het, “onaantasbaar in hierdie land” is.
Tydens sy borgverhoor in Februarie het die 55-jarige Moussongela gesê dat hy sedert 1991 in Namibië woon en vir burgerskap hier aansoek gedoen het. Hy het met twee Namibiese vroue getrou. Sy eerste vrou is oorlede.
Moussongela het aangevoer dat hy nie ’n vlugrisiko is nie omdat hy onskuldig is.
Hy het ook getuig dat hy ’n doktorsgraad in onderwys het en drie Mennonitiese, private skole met ’n gesamentlike waarde van meer as N$10 miljoen by Ongwediva, Omafu en Ongenga bestuur.
Hy het gesê hy besit een van dié skole wat ’n subsidie van N$722 000 per kwartaal (of N$2 miljoen per jaar) van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur ontvang.
Die skole word blykbaar ook deur die Mennonitiese Kerk in Amerika geborg.
Daar is ’n lang lys van aanklagte teen Moussongela wat hom as die hoofverdagte in ’n ingewikkelde web van ’n mensehandel-sindikaat plaas.
Dit word ook beweer dat hy ten minste ses lede van sy kerkgemeente en liggelowige slagoffers swanger gemaak het. Drie van dié vroue beweer dat hy hulle verkrag het. Hy word beskuldig van seksuele uitbuiting, gedwonge prostitusie, huishoudelike geweld, sowel as dat hy voordeel uit bedrog baat.
Die ma van die kind wat na bewering ontvoer is, sê sy is nie oor die borgtogsaak in Februarie geraadpleeg nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie