Grotes soek grond by Okakarara
Grotes soek grond by Okakarara

Grotes soek grond by Okakarara

Bekende sakelui, politici en 'n politieke analis soek 'n stukkie van dié dorp.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Bekende persoonlikhede wil besighede in die dorpie Okakarara begin.

Dit ná die dorpsraad se nuwe leier­skap pogings aangewend het om meer beleggings te lok.

Die munisipaliteit het in Maart vanjaar 'n kennisgewing gepubliseer om die publiek die geleentheid te gee om beswaar aan te teken teen die verkoop en verhuur van sowat 30 eiendomme deur private verdrag.

Besware moet teen 29 Maart aangeteken wees.

Een van die potensiële beleggers is 'n Chinese maatskappy, geregistreer as Sino Nami Development CC. Die eienaar is ene mnr. Clark Qiao en hy het aansoek gedoen vir die verhuring van 50 hektaar grond by die munisipaliteit.

Die munisipaliteit se skakelbord was teen Maandag 20 Maart nog onbeantwoord, en daar kon dus nie vasgestel word waarom die Chinese maatskappy dié groot stuk grond van die dorp wou huur nie.



REGERINGSKONTRAKTE

'n Google-soektog het opgelewer dat “Clark Qiao” die president van 'n konstruksiemaatskappy genaamd Qingdao Construction (Namibia) CC is, en dat regeringskontrakte van multimiljoene aan dié maatskappy toegeken is.

Op navraag het personeel van die maatskappy gesê Qiao dra geen kennis van 'n grondtransaksie met die munisipaliteit van Okakarara nie.

Die munisipaliteit beoog om die eiendom teen N$4 000 te verhuur.

Verder gaan 'n groot stuk grond van 43 hektaar aan mnr. Eben-Ezer Karokohe verhuur word teen N$2 500 en 20 hektaar aan mnr. Arnold Hindjou vir dieselfde bedrag.

Mnr. Gabes Hikuama wil 10 hektaar teen N$1 500 huur.

Die voormalige Swapo-parlementslid, mnr. Kazenambo Kazenambo, wat ook grond op ander dorpe besit, wil vyf hektaar vir 'n sakesone teen N$3 miljoen koop.

Die bekende Brahman-teler, mnr. Justus Tjirimuje, wil 25 hektaar grond teen N$15 miljoen koop, en 'n sakeman van die Noorde, mnr. Benson Zaaruka, wil 'n “oop spasie” van 23 908 m2 vir 'n onbekende doel teen N$357 000 koop.

GROOT NAME

Standard Bank se uitvoerende hoof, mnr. Vetumbuavi Mungunda, wil 32 680 m2 teen N$1,1 miljoen in 'n sakegebied koop.

Die akademikus mnr. Phanuel Kaapama wil namens Anangwe Marine Harvesting & Processing, 'n besigheidserf van 1 955 m2 teen N$68 775 koop, en die voormalige Nudo-politikus, mnr. Benestus Kandundu, is bereid om N$900 000 vir 'n besigheidserf van 1 500 m2 uit te haal.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!