Grootfontein se Oesfees lok talle
Grootfontein se Oesfees lok talle

Grootfontein se Oesfees lok talle

Die Grootfontein Oesfees wat op 19 Augustus gehou is, het 450 feesgangers gelok.

Volgens die voorsitter van die Grootfontein Boerevereniging, mnr. Willem Enslin, is hulle baie tevrede met die besigheid wat gedoen en begin is tydens die fees.

Verskeie praatjies is gelewer. Boere is ingelig oor die neutrale tot positiewe weervoorspelling se effek op mielieproduksie en speenkalfpryse. Akkerbouers is aangeraai om risikobestuur weens die wisselvallige Namibiese reënval toe te pas. Die akkerbouers kon ook luister hoe Dagutat se sampioene teen mieliesiektes en plae, veral die herfskommandowurm, ingespan kan word.

Vir die dames was daar mnr. Riaan Momberg van Efekto se tuinboudemonstrasie en twee koskookdemonstrasies deur me. Annelien Pienaar. Die Grootfontein Agri College het die middagete en kroeg aangebied. Vir die mans was daar ‘n demonstrasie oor die bou en afdig van ‘n dam, Toyota se nuwe bakkiemodelle, John Deere- en Tafe-trekkers, Manica Trading en Namibian Lubricants se olie en Cymot se gereedskapuitstallings. “Daar is reeds op die dag ? aantal trekkers verkoop,” sê Enslin.

Vir die jongklomp was daar gesigverf, springkastele, verfbal, Sterkman en veldskiet. Die fees is afgesluit met die Mej. Oesfees-kompetisie, ? Meatco-steakbraai en ? dans met 4u se orkes. Feesgangers was vol lof vir die musiek wat hulle gemaak het.

Altesaam 17 uitstallings het gebak, boeke, skoonheidsprodukte, kommunikasietegnologie, finansiële en versekerings dienste, en huis- en tuinversierings gebied. Die geleentheid is deur 39 instansies geborg waarvan Sanlam Namibië, Santam Namibië, Monsanto, Pannar, Bank Windhoek, Tongaat Hulett en Marathon Sugar, Syngenta, Agra, Hollard, Corporate Guarantee, OK Namibië, Namib Breweries en Namib Mills die grootste borge was.

“Spesiale dank gaan aan die dames en bestuur van die Grootfontein Boerevereniging, me. Cornelia Joubert en me. Zea Engelbrecht, mnr. Henk Botha en die ouers en kinders van Agri College wie se harde werk van die fees ? sukses gemaak het,” het Enslin gesê.

“Ons opregte dank en waardering aan al die genoemde borge wat dit vir ons moontlik gemaak het om die fees aan te bied en sodoende ? platform te skep vir die privaatskool op Grootfontein om geld in te samel. Sonder goeie skole vir hul kinders is daar nie ? toekoms vir boere op Grootfontein nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!