Grootfontein moet kies

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
NUDO, wat onlangs tot \'n politieke party vervorm het, gaan \'n kandidaat stel in die tussenverkiesing in die Grootfontein-kiesafdeling wat vir 12 Februarie geskeduleer is.
Die tussenverkiesing volg ná die voormalige goewerneur van die Otjozondjupastreek en streekraadslid van die Grootfontein-kiesafdeling, me. Grace Uushona, as Namibië se ambassadeur in Kuba aangestel is.
Die adjunkverkiesingsdirekteur, mnr. Ananias Elago, het aan Republikein gesê die nominasie van onafhanklike kandidate vir die tussenverkiesing vind op Maandag plaas, terwyl politieke partye komende Woensdag die geleentheid gegun sal word om hul kandidate te stel.
Met verlede jaar se algemene registrasieproses het sowat 6 500 inwoners in die kiesafdeling as kiesers geregistreer, wat ongeveer die helfte minder is as wat met die 1998-streekraadsverkiesing geregistreer was.
Mnr. Elago sê die goeie nuus is egter dat potensiële kiesers in die Grootfontein-kiesafdeling weer van 14 tot 17 Januarie met die aanvullende registrasieproses kan registreer.
\"Die verkiesingskommissie sal van vyf permanente registrasiepunte en twee mobiele spanne gebruik maak om tydens die aanvullende registrasieproses soveel as moontlik kiesers te registreer.\"
Die permanente punte sal by die Frederik Awaseb Sekondêre Skool, die Rooi Kruissentrum, die biblioteeksaal, die skougronde en die militêre basis op die dorp wees.
Mnr. Elago sê registrasiebeamptes sal op 12 en 13 Januarie opleiding ontvang ten einde gereed te wees om hul taak met die aanvullende registrasieproses suksesvol aan te pak.
Die aanduiding is dat minstens drie politieke partye elkeen \'n kandidaat vir die tussenverkiesing gaan nomineer.
Swapo en die Congress of Democrats (CoD) het bevestig dat die partye elkeen \'n kandidaat gaan stel en Nudo se leier, Herero opperhoof Kuaima Riruako, het aan Republikein gesê dié party gaan die naweek \'n finale besluit neem oor watter kandidaat genomineer gaan word.
\"Nudo hou op 2 en 3 Januarie sy kongres op Aminius waartydens die naam van \'n kandidaat vir die Grootfontein-tussenverkiesing ook gefinaliseer sal word,\" het mnr. Riruako gesê.
Op dié stadium is dit nie duidelik of die DTA \'n kandidaat vir die verkiesing gaan stel nie.
Met die 1998-verkiesing het net Swapo en die DTA kandidate genomineer en slegs 27,4 persent van die 13 800 geregistreede kiesers het hul stemme uitgebring. Me. Uushona het 2 406 stemme getrek, terwyl 1 105 kiesers vir die DTA-kandidaat gestem het.

Soortgelyk

 

La Niña skop dalk nóú in

10 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

10 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

10 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

10 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

10 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

10 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

10 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

10 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...

Die weer Vrydag 21 Januarie 2022

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordooste met ’n paar buie in die Kavango, Otjozondjupa se ooste en die Omahekestreek; andersins gedeeltelik bewolk...