Grootfontein het groot planne

Dit kook op dié Noordedorp
Estelle de Bruyn

Estelle de Bruyn - Groot ontwikkelinge is op Grootfontein aan die gang en vele meer word beplan. Die skakelbeampte van hierdie woelige Noordedorp, mnr. Luke Salomo, kan nie uitgepraat raak ook wat die dorp aan voornemende beleggers en inwoners bied nie.
Goedkoopste water in die land
" Grootfontein het die goedkoopste water in die hele Namibië. Ons ontvang nie water van NamWater nie, maar het voldoende grondwater om aan ons inwoners en nywerhede te voorsien," vertel Salomo.
Tydens 'n rit in die hoofstraat, wys Salomo na die krane wat op die middelmannetjie tussen die hoofstraat en die aftrekplek vir swaar vragmotors aangebring is.
" Hierdie water word gratis gebruik deur die mense wat by die padstalletjies sake doen. Ons moet egter 'n plan maak, want van die groot vragmotorbestuurders maak misbruik van die water en was hulleself sommer op die sypaadjie," sê Salomo.
In die informele nedersetting, bekend as Blikkiesdorp, bied waterpunte gratis water aan die armste van dorp se inwoners.
Planne met paaie
Tydens die rit deur die dorp is die aantal vroue en mans wat herstelwerk aan die teerstrate doen opmerklik. Salomo vertel dat die munisipaliteit nie tenders aan groot ondernemings of middelmanne toestaan nie, maar dit aan individue toeken. Sodoende is diegene wat die werk doen, verseker dat hulle regstreeks vir hul werk vergoed word en dat 'n middelman nie die grootste deel van die wins in sy of haar sak steek nie.
Planne is ook ver gevorder om grondpaaie stelselmatig te teer. Die munisipaliteit het voldoende geld begroot om jaarliks twee tot vier kilometer te teer. Vanjaar is altesaam N$4,36 miljoen vir die projek begroot.
Nuwe winkelsentrum eersdaags geopen
Grootfontein sien met opwinding uit na die opening van die nuwe
Otjivanda-winkelsentrum waarin die kettingwinkelgroep, Pick n Pay, die ankerhuurder sal wees. Die sentrum beskik oor 32 winkels en volgens die voorsitter van die Grootfontein dorpsraad se bestuurskomitee, mnr. Johan Spangenberg, is 30 van die winkels reeds verhuur.
Die beplanning is dat die sentrum teen die middel van Oktober deur die boukontrakteurs oorhandig sal word waarna huurders sal begin om hul winkels in te rig. Dit word gehoop om die sentrum teen die begin van Desember te open.
Sekondêre Skool Otjivanda
Ons rit deur die dorp neem ons verby die Sekondêre Skool Otjivanda wat enkele jare gelede geopen is. Vanjaar word graad 8- en graad 9-leerlinge in die skool gehuisves en van volgende jaar af sal graad 10-opleiding ook aangebied word.
Salomo vertel dat as bykomende hulp vir die gemeenskap die skool reeds vanjaar begin het om leerders wat verlede jaar nie die graad 10-eksamen kon slaag nie, in te neem en hulle te help om die mas op te kom. Die grond waarop die skool gebou is, is deur die Grootfonteinse munisipaliteit aan die ministerie van onderwys geskenk.
Omulunga nywerheidspark
Ook die grond vir die Omulunga-nywerheidspark is gratis deur die munisipaliteit aan die Namibiese Ontwikkelingskorporasie (NDC) beskikbaar gestel sodat kraampies vir klein en medium sakeondernemings opgerig kon word.
Die dorpsraad is tans besig om die grond te diens waar 'n houeraanleg ten bedrae van nagenoeg N$700 miljoen eersdaags opgerig sal word.
Die aanleg is veral daarop gemik om uitvoere na die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), Zambië, die suide van Angola en selfs Malawi te fasiliteer.
Spangenberg sê hulle beplan 'n vulstasie en padkafee (truckport) asook 'n eenstop doeane- en aksynsklaringsentrum op te rig ten einde die uitvoer van goedere na die res van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) te vergemaklik en te bespoedig.
Net langs die aanleg is die petroleummaatskappy, Engen saam met Van Dyk Petroleum besig om 'n brandstofopslagplek te bou.
Massa behuisingprojek
Die plaaslike owerheid van Grootfontein het altesaam 137 gedienste erwe vir die regering se omvattende massa behuisingsprojek beskikbaar gestel. Riolering en elektrisiteitsvoorsiening is aangebring en die straatligte staan reeds, maar nog nie 'n enkele fondasiesloot is gegrawe om massabehuising na die dorp te bring nie.
Volgens Salomo en Spangenberg is dit 'n bron van groot frustrasie vir die dorp.
Planne is ver gevorder om die ou enkelkwartiere af te breek sodat mense in behoorlik wonings gehuisves kan word. " Ons kan egter niks doen nie. Ons kan nie die enkelkwartiere afbreek voor die massabehuisingsprojek ? werklikheid is nie.
" Hiernewens is die inwoners van die dorp ook gefrustreerd. Hulle sien daar is gedienste erwe, maar niks gebeur nie. Hulle wil self daar gaan bou, maar ons kan hulle nie toestemming gee nie, want dit is vir die massabehuisingsprojek geoormerk," sê Salomo.
'n Groot aantal huise op die dorp is met behulp van die Bou Saam-projek gebou en sodoende word netjiese, bekostigbare behuising aan baie van die inwoners verskaf.
Nuwe behuisingsprojekte
Verskeie private sektor behuisingsprojekte word beoog, soos Malanami Homes en die beplande Etosha Ville waar 400 huise en ‘n ouetehuis beplan word, die Marcams-projek wat in drie fases met 75 huise per fase ontwikkel word asook die Tulaing-projek waar 250 nuwe huise opgerig sal word.
Grootfontein het ongeveer 28 000 inwoners. Salomo wys daarop dat die getal mense in die dorp oor naweke en vakansies tot soveel as 32 000 kan toeneem met inwoners van omliggende klein nedersettings wat na Grootfontein stroom in hul inkopies te kom doen.
" Voornemende beleggers moet dus nie afgeskrik word deur die oënskynlike klein bevolking van die dorp nie. Ons lok baie mense van die platteland ook. 'n Mens moet ook in ag neem dat die weermagkamp tussen 7 000 en 8 000 soldate huisves, wat ook moet inkopies doen en wat die koopkrag van die dorp verder versterk," sê Salomo.
Uitdagings
Van die grootste uitdagings wat Grootfontein in die gesig staar, is 'n behuisingstekort, 'n verouderde dreinering- en rioolstelsel en ‘n gebrek aan werkgeleenthede.
Met ‘n dorpsraad en plaaslike owerheid wat hande vat met die private sektor, is dié uitdagings egter nie iets wat Grootfontein sal onderkry nie. Die geesdrif is daar en die entoesiasme om groot dinge op die dorp te verwesentlik, is tasbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.99/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.67% | Zinc US$ 2 857.60/T UP 1.82% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 906.73/OZ UP +0.51% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.99/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.67% | Zinc US$ 2 857.60/T UP 1.82% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 906.73/OZ UP +0.51%