Grootfontein-DBV hou galadinee

Francoise Steynberg
Die Grootfontein-dierebeskermingsvereniging (DBV) gaan op 27 Julie ’n galadinee met ’n vyfgang-ete en dans by die skougronde aanbied om geld vir die aankoop van eiendom in te samel.

Plaaslike sangers Cilisia Bergh, Jacques Vermaak en Head & Hair gaan optree en die voete laat jeuk.

“Tans het ons 29 diere in ons sorg by ’n huis. Daar is beperkte ruimte en ons kan nie permanent van hierdie private geriewe gebruik maak nie,” het me. Alta Scott, voorsitter van die Grootfontein-DBV, gesê.

“Ons het ’n dringende behoefte aan skenkings en borgskappe om geskikte eiendom te bekom om ’n skuilplek te bou vir onversorgde en mishandelde diere in ons streek en om mooi na hulle om te sien.”

Scott sê die DBV het reeds 'n aansoek by die Grootfontein-munisipaliteit ingehandig om eiendom te bekom om ’n diereskuilplek, huise vir werkers, ten volle toegeruste mediese kliniek en administratiewe kantoor op te rig.

“Dit is ons doelwit en visie om uiteindelik 10 mense in diens te neem, naamlik ’n bestuurder vir die dierehokke, ’n sekretaresse of ontvangsdame, twee inspekteurs en ses werkers wat in skofte sal werk om na die diere om te sien,”het Scott gesê.

Sy sê dit sal hoogs waardeer word as ’n maatskappy bereid is om die galadinee te ondersteun deur N$10 000 vir ‘n tafel van 10 mense te skenk om die geleentheid by te woon.

“Dit sal ’n gulde geleentheid vir maatskappye wees om hul besigheid met handelsmerk en promosiemateriaal te adverteer, en boonop kan alle skenkings aan die DBV van belasting verhaal word,” sê Scott.

Grootfontein se DBV is by die Namibiese DBV geregistreer en volg hul reëls en regulasies. Alle fondse wat ingesamel word, is vir spesifieke projekte geoormerk en word deur boekhouers gemonitor.

Kontak Scott by 081 57 44004 of [email protected] voor 20 Mei om plek vir die galadinee te bespreek.

Skenkings kan inbetaal word by: SPCA Grootfontein, Bank Windhoek se Grootfontein-tak, takkode 482-473, spaarrekeningnommer 2 000 372 374.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!