Grootfontein besorg oor minderbevoorregtes

Oorhandig klagskrif aan munisipaliteit

23 July 2020 | Gemeenskap
Kristien Kruger – Die gemeenskap van Grootfontein het hul misnoeë met die munisipale raad uitgespreek en dring in ’n klagskrif aan die raad moet ontbind.

Hulle het op Dinsdag 7 Julie omstreeks 12:00 die klagskrif aan die munisipaliteit oorhandig.

“As ons versoek nie toegestaan word nie, het ons geen keuse as om die deure van dié munisipaliteit toe te maak nie,” waarsku die klagskrif.

Die gemeenskap is glo ontsteld omdat die munisipaliteit nie genoeg behuising aan haweloses in Grootfontein voorsien nie en die fasiliteite by die bestaande informele nedersettings nie voldoende is nie.

In die klagskrif word daar spesifiek na die omstandighede by die Blikkiesdorp- informele nedersetting verwys.

“In sommige gevalle woon 17 mense op een erf. Die gemeenskap van Blikkiesdorp kla dat hulle, in die koue en die reën, die bosse moet gebruik, omdat die twee toilette wat daar is ’n geruime tyd buite werking is.”

Die gemeenskap is glo ontsteld oor uitbreidings 6, 7 en 8 in Omulunga wat blykbaar vyf jaar gelede aan ’n openbare-privaat-vennootskap oorhandig is, maar intussen het nog geen ontwikkelings plaasgevind nie. Die klagskrif versoek die planne vir dié uitbreidings word bekend gemaak.

Volgens die klagskrif is die gemeenskap veral bekommerd oor die Covid-19-uitbreking en voel glo die munisipaliteit doen nie genoeg om hulle teen die virus te beskerm nie.

“Die raad is nie ernstig genoeg om Covid-19 doeltreffende te bekamp nie, want meeste haweloses woon steeds in haglike omstandighede, sonder toegang tot water, kos of higiëniese geriewe,” lui die klagskrif.

Die gemeenskap eis nie net die ontbinding van die raad nie. Volgens die klagskrif wil die groep ook hê die munisipaliteit moet grond vir behuising aan hulle gee anders sal hulle sonder toestemming die grond beset.

Volgens die aktivis mnr. Mortis Gaingob het die uitvoerende hoof van Grootfontein se munisipaliteit geweier om die klagskrif in ontvangs te neem en het dit aan die burgemeester, mnr. Absai Haimene, oorhandig. – [email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

5 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

6 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

11 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

22 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

22 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

22 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

22 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

22 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...