Groot waterplan erflating van Wolfie Albrecht
Groot waterplan erflating van Wolfie Albrecht

Groot waterplan erflating van Wolfie Albrecht

Anneli Erasmus
Des Erasmus

‘n Meesterplan vir die oplossing van Omaruru se voortslepende waterprobleme kan voortleef ná die dood van mnr. Wolfie Albrecht, ‘n voormalige burgemeester van Omaruru. Albrecht (84) het op 30 Desember ná ‘n kort siekbed op Swakopmund gesterf waar hy die afgelope jare gebly het.

Ondanks sy verhuising na die vakansieoord het Albrecht se groot liefde vir Omaruru gebly. Op dié dorp was hy ‘n bekende sakeman en die eienaar van ‘n drankwinkel waarvandaan hy ook sy sakebelange behartig het.

Op Swakopmund was die Antonius-oord sy blyplek, maar in sy laaste paar dae is in die sorgeenheid van die Lions na hom omgesien.

Hy het sy vrou, Lotte, reeds in 2011 aan die dood afgestaan.

Dit is bekend dat wyle Albrecht hom moeilik by die nuwe politieke bedeling in Namibië aangepas het en dit het ook ’n einde aan sy betrokkenheid by die stadsraad gemaak.

As ‘n man met visie het hy die groot waternood van Omaruru sien kom. Daarom het hy met sy eie navorsing begin en uiteindelik sy meesterplan ter tafel gelê. Hy het gesukkel om op raadsvlak ondersteuning vir die plan te kry.

Me. Karen Finkeldeh van Walvisbaai, een van Albrecht se twee dogters, het aan Repuplikein gesê van sy kinders gaan deur ‘n pak dokumente werk wat Albrecht nagelaat het en die voorleggings wat hy ingedien het om die mooi dorp se groot dors te les, sal waarskynlik daaronder wees. Benewens die twee dogters word hy ook deur ‘n seun oorleef.

Albrecht het met sy dood nog eiedomsbelange op Omaruru gehad. Pas ná sy dood het die remme van ‘n voertuig blykbaar in die hoofstraat van Omaruru onklaar geraak en het die motor die straat verlaat en die vooraansig van ‘n Albrecht-gebou getref. Ondersoek is die naweek deur sy kinders op die toneel ingestel sodat ‘n versekeringseis ingestel kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!