Groot toerismeplan vir Sperrgebiet

Ontwikkelaars, toeroperateurs en rolspelers in die toerisme­sektor het die geleentheid om vir verskeie konsessies en aktiwiteite in die voormalige Sperrgebiet te tender.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme nooi belangstellendes in die toerismebedryf uit om toerismekonsessies ter waarde van miljoene dollar in die Tsau //Khaeb (Sperrgebiet) Nasionale Park (TKNP) te ontwikkel.

Die toerismekonsessies behels onder meer oorde van meer as 60 beddens elk by Griffithbaai en langs die Oranje­rivier, asook aktiwiteite soos avontuurreise wat 4x4-duine­safari's en avontuursafari's langs die kus, visvangtoere, wildritte, staproetes, sandski, vlieërski, seilplankry en kajakvaarte insluit.

Geskiedkundige spookdorptoere na Kolmanskop, kampeer- en piekniekgeriewe, uitkykpunte, asook konferensiefasiliteite is deel van die tender-uitnodiging vir toerisme-ontwikkelings in die Tsau //Khaub (Sperrgebiet) Nasionale Park.



Konsessies

Die konsessietitels sluit in die Noordelike Sand en See wat die gebied noord van Lüderitz aangrensend tot die Atlantiese Oseaan en noordwaarts en ooswaarts na die Namib Naukluft Nasionale Park insluit, asook Lüderitz se skiereiland, kus en mynbougebied, Kolmanskop, die Oranjerivier en wildernisgebiede aan die oostelike kant van die TKNP.

Die twee groot tenders is vir 'n oord met 60 beddens by die Griffithbaai in die konsessie van die Lüderitz-skiereiland, asook 'n oord met 30 eenhede met 60 beddens, 'n restaurant, konferensie-, kampeer- en piekniekgeriewe langs die Oranjerivier.

Die Oranjerivier-konsessie sluit twee avontuursones in met begeleide 4x4-sandduine-toere, sandski en aktiwiteite op die rivier.

Die twee avontuursones is noordoos en oos van Oranjemund.

Die konsessie vir die Noordelike Sand en See behels 4x4-duinetoere en avontuursafari's langs die kus, oornagkampering in mobiele kampe by Dagger Rocks en Douglasbaai, begeleide geskiedkundige toere na myndorpies, kwadfietstoere, sandski en visvangsafari's.



lüderitz

Vir die Lüderitz-skiereiland se konsessie word geskiedkundige en biodiversiteitstoere na die Diaz-kruis en die ligtoring beplan, asook visvang­safari's en toere na Halifax-eiland en watersport in die strandmeer soos kajakvaarte, vlieërski en seilplankry.

Daar kan ook vir die parkeerareas met uitsigpunte en inligtingsborde langs die kus en piekniekplekke met ablusiegeriewe getender word.

Vir die Lüderitz-kus en -mynbougebied kan getender word vir bustoere na Grillental en Bogenfels, begeleide 4x4-safari's na Elizabethbaai, Grillental, Pomona en Bogenfells en safari's na die binneland na Kinghardtberg.

Die Roter Kamm-kratergebied is die konsessie waar begeleide 4x4-toere en wildritte vanaf Rosh Pinah aangebied word. Daar is ook tenders beskikbaar vir die ontwikkeling van 'n oornagkampeerterrein oos van die krater, asook piekniektafels, ablusiegeriewe en 'n parkeerarea by die uitkykpunt van die Roter Kamm-krater. Die Roter Kamm-meteorietkrater is sowat 80 km noord van Oranjemund en 12 km suidwes van die Aurusberg geleë.

Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, en die Duitse ambassadeur, in Namibië, mnr. Herbert Beck, het die Tsau //Kheib (Sperrgebiet) Nasionale Park op 15 November 2019 amptelik geopen.

Toe is bekend gemaak dat die steun aan NamParks vir dié park se infrastruktuur met behulp van die Duitse Ontwikkelingskoöperasie deur die KfW, en medefinansiering van die Namibiese regering deur die omgewingsministerie 5 miljoen euro (toe N$80 miljoen) sou beloop.

Volgens Shifeta is die TKNP se biodiversiteit van wêreldwye aansien met sy endemiese flora van die Nama Karoo sukkulente bioom.

Voornemende tenderaars het nog kans tot komende Vrydag, 16 April om die registrasiedokumente te bekom. Sonder registrasie kan daar nie aan die tenderproses deelgeneem word nie. Die sluitingsdatum vir die tenders is Vrydag 18 Junie om 17:00.

Vir verdere navrae, kontak Mukono Kamwi by (061) 284 2902 of [email protected], of Fabiola Katamila by (061) 284 2577 of [email protected].

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.86 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.43/OZ DOWN -0.0025 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.00% | Zinc US$ 2 833.60/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 912.15/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.86 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 317.43/OZ DOWN -0.0025 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.00% | Zinc US$ 2 833.60/T UP 1.13% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 912.15/OZ UP +0.25%