Groot spoed met nuwe vervoerplan gevra
Augetto Graig
Die ministerie van werke en vervoer het verlede week sy nuwe strategie vir vinnige resultate met die hervorming van die openbare vervoerbedryf in Namibië bekend gestel.
Volgens die adjunkminister, mnr. Sankwasa James Sankwasa, maak die meerderheid Namibiërs staat op openbare vervoer. ’n Veilige, doeltreffende en aantreklike openbare vervoerstelsel van hoë gehalte is volgens hom dus van die uiterste belang.
Die nuwe plan is die uitvloeisel van ’n lang konsultasieproses en Sankwasa het ’n beroep op alle belanghebbendes gedoen om hul bes te doen om die strategie so gou moontlik in te stel. Sperdatums vir die toepassing daarvan wissel van 60 tot 180 dae.
Die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie (NTTU) is egter nie baie beïndruk met die plan nie, veral omdat dit sonder die teenwoordigheid van alle media bekend gestel is. Die NTTU se president, mnr. Werner Januarie, sê hulle gaan die plan se implementering fyn dophou. As die vakbond teen 14 September agterkom dat geen hervormings nog geïmplementeer is nie, oorweeg lede 'n landwye staking.
Die hersiening van verkeersboetes, die verskaffing van oplaaipunte en die status van taxibestuurders as Namibiese werkers is vir die NTTU sleutelkwessies.
Die ministerie het 60 dae gegun vir die uitklaring van taxiverenigings en -vakbonde se rol in die openbare vervoerbedryf. Dieselfde sperdatum, 31 September, geld vir gesprekke tussen hierdie verenigings, vakbonde en die ministeries van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping asook nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling waarmee die regulering en status van werkers in die bedryf uitgeklaar moet word. Teen dieselfde datum moet oor nuwe tariewe vir openbare vervoerpermitte ooreengekom word.
Binne 180 dae, dit wil sê teen 31 Januarie 2017, moet ’n nasionale taxibeheerraad die lig sien.
Die ministerie moet teen die einde van September opdrag gee vir die oprigting van taxilaaisones en plaaslike owerhede moet voor die einde van Januarie nuwe oplaaipunte daarstel of bestaande infrastruktuur opgradeer. Die ministerie moet teen dieselfde datum ook ’n aanpasbare regulatoriese raamwerk opstel, die bestuur van oorgrenspassasiers verbeter en leiding oor die ontwikkeling van die openbare vervoerbedryf in die land gee.
Ander hoofdoelwitte wat teen die einde van Januarie 2017 bereik moet word, sluit in die verbetering van die werksaamhede van die padvervoerraad van Namibië, die verbetering van betrekkinge tussen belanghebbendes, verbeterde wetstoepassing, beter veiligheid in die bedryf en die ontwikkeling van kapasiteit om oplaaipunte doeltreffend te bestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie