Groot plase nie alfa en omega vir ontwikkeling

08 January 2019 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher - Die nuwe jaar en sosiale media is nuwe bedmaats – die baie pittige en baie waar aanhalings oor hoe 'n nuwe jaar aangepak moet word, is wyd en deeglik gekommunikeer.

In die ou dae sou 'n mens gesê het die lyne het gegons.

Baie is op die spel wat landbou se staanplek binne enige land se ekonomie betref. Die grondkwessie, dreigende en herhalende droogtes, pryse wat bokspring en nog baie ander faktore maak beplanning moeilik omdat dit onsekerheid skep wat buite die beheer van die boer is en bly.

Hierdie is dinge wat 'n tang en draad nie kan regmaak nie, maar soos telkens die geval is, is daar ingespring om te plant met die koms van die reën. Dít ten spyte van waarskuwings dat dit dalk verby die optimum planttyd kan wees.

Pryse van veral grane verdiskonteer die paniek van kopers in reaksie op voorspellings van tekorte aan mielies later in die jaar. Verstadigde kosinflasie sal bepaald nou anders neig, want dit is duidelik dat hierdie jaar 'n ekstra drag uitdagings gaan hê.

Ten spyte van dié onstabiliteite, bly landbou steeds een van die beste ontwikkelingsvoertuie om 'n pap ekonomie te help stimuleer. Die jongste navorsing toon 'n sterk groei in toegevoegde waarde in die vorm van eetklaardisse en swakker groei wat stapelvoedsel betref.

Dié tendens is hoofsaaklik toe te skryf aan meer diskresionêre inkomste in die groeiende middel­inkomsteklas van die bevolking

– meer word bestee aan disse wat soos huiskos lyk en proe ná dit 'n draai in die mikrogolfoond gemaak het.

Dit is so dat die boer se aandeel aan so 'n dis weliswaar daal, maar aangesien meer basiese produkte benodig word, is daar groei tot by die plaashek.

Sou die dienste wat toegevoeg word skerp stygings ervaar as gevolg van byvoorbeeld hoër brandstofpryse, word darem nie alles daarvan afgewentel tot by die plaashek nie. Die feit is dat die jongste navorsing toon die menslike verbruik van mieliemeel het die afgelope jaar met net 1% toegeneem terwyl die prys daarvan met 22% gedaal het. Dit dui op betekenisvolle struktuurveranderings aan die vraagkant.

Meer kos sal daardeur blywend benodig word en produktiwiteit op plaasvlak sal onder druk bly.

MEDIUMGROOTTE PLASE

Netwerk24 se onlangse berig oor die belangrike rol van mediumgrootte plase, is noemenswaardig. Volgens die aangehaalde navorsers het die groei in mediumgrootte plase – tussen 5 en 50 hektaar – 'n nuwe dimensie tot ontwikkeling gebring.

As gevolg van beperkte grond vir landbou in lande soos Kenia, Rwanda, Ethiopië en Malawi is tot 80% van die plase nou kleiner as 1 hektaar met ooglopende beperkings wat groei en ontwikkeling betref. Dit bly ten beste ­bestaansboerderye. Daarenteen het plase van medium grootte tot 40% van bemarkbare plaasprodukte in Zambië en Tanzanië bygedra.

Boere wat mediumgrootte plase bedryf, het 'n diverse agtergrond. Baie is stadsbewoners wat met inkomste uit diverse bronne in landbou belê om sodoende gevolg te gee aan nuwe ontwikkeling.

Hulle is deeltydse boere vir wie die inkomste uit hulle mediumgrootte plase aanvullend is. Die interessante is dat waar sulke plase ontwikkel word, dit nie net die landelike ekonomie stimuleer nie, maar ook opheffend is ten opsigte van die bestaansboere.

Mediumgrootte plase benodig infrastruktuur vir die werking van waardekettings wat ontstaan, en die bestaansboere kry so toegang tot nuwe markte en ander insette.

Dit gee kontantinspuitings met selfs werkgeleenthede vir bestaansboere. As sodanig skep dit dus 'n nuwe ontwikkelingspad vir landboutoetreders, want mediumgrootte plase kan groter word, omdat beleggingskapitaal nie net die plaas as bron het nie.

Mediumgrootte plase se bydrae tot landbouproduksie suid van die Sahara het na wat berig word, tussen 2000 en 2015 met 4,6% per jaar gegroei.

Hierdie siening is ietwat teenstrydig met wat tans opgedis word as die regte ontwikkelingstrategie vir opkomende boere.

Die mandjie uitdagings en ­risiko's is eenvoudig te groot om opkomende boere te voorsien van kapitaal soos 'n plaas en implemente, maar sonder voorligting en genoeg bedryfskapitaal en om te dink nou kan geboer word. Ontwikkeling neem langer en die interessante is dat die tegnologie al lankal gerat is daarvoor.

Soos die bekende sanger Jo Black kennelik sing oor hoop: Daar ís hoop, maar dit kom in klein stukkies soos reën.

Voorspoed vir die nuwe jaar!

Soortgelyk

 

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

36 minute gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

36 minute gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Kaptein wou terugdraai voor 157 sterf

36 minute gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer Die kaptein van Ethiopian Airlines se vlug ET302 het toestemming gehad om die vliegtuig terug te draai na die Internasionale Lughawe Bole by...

Só vaar die Verkrygingsraad

36 minute gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

36 minute gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

36 minute gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

36 minute gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...

Aanleg les binnekort weer dors

36 minute gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoek se WinGoc-aanleg (Windhoek Goreangab Operating Company) sal na verwagting binne dae weer drinkwater aan Windhoekers kan verskaf. Terselfdertyd beplan die munisipaliteit...

Wetsontwerp terug parlement toe

36 minute gelede | Ministeries

Ogone Tlhage – Die wet op staatsondernemings sal na verwagting eersdaags weer in die Nasionale Vergadering (NV) vir finale insette voorgelê word, mnr. Leon Jooste,...