Groot onsekerheid in Swede ná verkiesing

Tekort aan dokters en onderwysers

12 September 2018 | Internasionaal
Swede stuur af op groot politieke onsekerheid ná Sondag se verkiesing. Nie die linkse of regse groeperings het ’n oorgrote meerderheid behaal nie, hoewel steun gegroei het vir die Sweedse Demokrate, wat teen immigrasie gekant is.

Die regse groepering het oor die jare heen, soos wat die angs toegeneem het oor die nasionale identiteit en die gevolge van globalisering en immigrasie, in Europa gegroei.

In Swede het ’n instroming van 163 000 asielsoekers in 2015 – die meeste in Europa met betrekking tot die land se bevolking van tien miljoen – kiesers in een rigting gestuur, en die langdurige politieke konsensus gebreek.

Die tradisioneel linkse Sosiaal-Demokrate, die Groenparty, en hul linkse alliansievennote het 40,6% van die stemme gekry, teenoor die regse groepering wat 40,3% gekry het.

Die Sweedse Demokrate, ’n party met sy wortels in die wit oppermag, het 17,6% gewen, wat ’n verbetering is van die 12,9% in die vorige verkiesing vier jaar gelede.

Jimmie Akesson, leier van die Sweedse Demokrate, meen hy is nietemin ’n wenner in die verkiesing.

Akesson hoop dat sy party, wat wil hê dat Swede homself uit die Europese Unie moet onttrek en immigrasie tydelik moet stopsit, ’n deurslaggewende rol gaan speel in die onderhandelinge oor die vorming van ’n regering.

DIE WEG NA WERKENDE REGERING?

Daar kan weke van groot onsekerheid heers voordat ’n werkende regering gevorm word.

Ulf Kristersson, hoofopposisieleier en partyleier van die gematig-regse Moderaterna (Gematigdes), wat 19,7% van die stemme behaal het, het ’n beroep op Stefan Lofven, huidige premier en leier van die Sosiaal-Demokrate, gedoen om te bedank.

Lofven se gematig-linkse Sosiaal-Demokrate het met 28,3% van die stemme die grootste party gebly, al het sy steun met drie persentasiepunte gesak. (Daarmee is die steun vir dié party die laagste in meer as ’n eeu.)

Kristersson stel ook nie daarin belang om saam met Akesson om dieselfde tafel te sit nie.

Die Sweedse Demokrate, wat deur al die ander partye verwerp is sedert hulle in 2010 die parlement betree het, het beloof om enige kabinet te sink wat weier om hulle sê-reg te gee in beleidsbesluite (veral oor immigrasie).

Lofven het gesê hy sal nie bedank nie. Hy het gevra vir veelparty-samewerking om die huidige politieke impasse op te los.

Lofven kan aan bewind bly, tensy Kristersson se Moderaterna hulp van die Sweedse Demokrate aanvaar.

KOMMER IN BRUSSEL

Die verkiesing dra by tot die kommer in Brussel, met dié dat die Europese Unie sy veldtog begin in aanloop tot die Europese parlementêre verkiesing in Mei.

Dit kan meer euroskeptiese partye ’n groter stem gee en die pogings vir nadere EU-integrasie dwarsboom.

Die rekordgetal asielsoekers in 2015 het vrese oor die welsynstelsel in Swede laat toeneem. Baie kiesers glo die welsynstelsel is in ’n krisis gedompel, hoewel die aantal asielsoekers sedertdien afgeneem het.

’n Tekort aan dokters en onderwysers, en die polisie se versuim om bendegeweld in die middestad die nekslag toe te dien, het mense in die “Sweedse model”, wat gebou is op die belofte van omvattende welsyn en maatskaplike insluiting, laat twyfel. – Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

Kobra saai paniek by konstruksieterrein

1 uur gelede | Omgewing

‘n Agressiewe en beseerde Anchieta-kobra, ook bekend as die Angolese kobra, het vroeër vandag vir paniek gesorg by ‘n konstruksieterrein op Otjiwarongo waar werkers besig...

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

17 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

17 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

17 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

17 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

17 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

17 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

17 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...