Groot mynfirmas wag voor hulle in Zim belu00ea
Groot mynfirmas wag voor hulle in Zim belu00ea

Groot mynfirmas wag voor hulle in Zim belê

Al bestaan daar hoop vir ekonomiese herstel in Zimbabwe is veral groot mynmaatskappye vir eers versigtig.
Die regime-verandering in Zimbabwe het belangstelling in dié land se minerale rykdom onder entrepreneurs en kleiner ­eksplorasiemaatskappye ontketen, maar groot mynmaatskappye is steeds versigtig.

Pres. Emmerson Mnangagwa, wat die leisels einde 2017 oorgeneem het, het heelwat om te bewys in sy strewe om die ekonomie te laat herleef en mynboubeleggings te lok.

Mnangagwa het onderneem om beleggersvriendelike beleidsveranderinge te maak en het dele van die wetgewing herroep wat vereis dat mynmaatskappye in plaaslike besit moet wees. In sekere kringe blyk dit vrugte af te werp.



VOORNEMENDE BELEGGINGS

Die regering sê voornemende beleggers het hulle reeds verbind tot beleggings van US$6 miljard sedert die bewindsoorname. Dit sluit in US$4,2 miljard vir 'n platinummyn en verwante infrastruktuur van 'n firma met bande met die mynbouentrepreneur Loucas Pouroulis.

Ander belangstellendes sluit in Andrew Groves, 'n veteraan in die bedryf, en sy sakevennoot en gewese Engelse krieketster Phil Edmonds, en Suid-Afrika se Moti-Groep wat sy belegging in Zimbabwe tot US$500 miljoen wil verdubbel vir ­projekte in chroomerts-ontginning en ­diamantpolering.

Maar groot maatskappye soos Anglo American het aangedui hulle wil meer beleidsveranderinge sien.

Ben Davis, 'n ontleder by Liberum Capital Bpk. in Londen, sê veel meer is nodig om sakevertroue so te herstel dat groot groepe weer sal belê.

Zimbabwe het die wêreld se naasgrootste platinumreserwes, ná Suid-Afrika, asook aansienlike neerslae van litium, steenkool, goud, ­diamante, chroom en nikkel – en baie lê veel vlakker as in Suid-Afrika. Mynboubeleggings in Zimbabwe het afgeneem te midde van wetgewing oor ­gedwonge plaaslike eienaarskap, asook dreige­mente om myne te nasionaliseer. Voorts het myne gereelde krag­onderbrekings gehad omdat die regering nie sy skuld aan buitelandse kragverskaffers betaal het nie, en die laer platinum­prys was ontmoedigend.

Zimbabwe se ministerie van minerale hulpbronne het verlede week op 'n konferensie in Johannesburg aangedui veranderinge aan mynbou­wette behoort voor einde Mei deurgevoer te word.

Jee-A van der Linde, 'n mynbou-ontleder van NKC African Economics, sê groter beleggers sal waarskynlik eers waarborge oor regulatoriese veranderinge wil sien voor enige groot stap.

Mark Cutifani, uitvoerende hoof van Anglo American, wat 'n beherende aandeel in Anglo American Platinum het, sê die maatskappy wil eers “meer sien”. – Netwerk24/ Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!