Groot kanonne van vasteland se swem hier
Groot kanonne van vasteland se swem hier

Groot kanonne van vasteland se swem hier

Watersport
’n Seldsame skouspel van watersport is vir inwoners van Windhoek en Rehoboth in die vooruitsig met Namibië se aanbieding van die Konfederasie van Afrika-swem (CANA) se Sone 4-kampioenskap van môre tot Woensdag.

Van die beste talent op die vasteland kom ding in swem (by die Olympia-swembad), oopwaterswem (by die Oanobdam) en waterpolo (by die Western Suburbs-swembad in Katutura) mee.

Namibië se veertigtal swemmers tree as gasheer op vir ’n byeenkoms waarin nagenoeg 450 deelnemers betrokke sal wees.

Die elf besoekende lande van Sone 4 is Angola, Botswana, Comore, Eswatini, Mosambiek, Malawi, Mauritius, Seychelles, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe.

Die kompetisie word verder versterk deur die spesiale uitnodigings wat drie lande van Sone 3 aanvaar het om hul spanne na Windhoek te stuur, naamlik Kenia, Tanzanië en Uganda.

As sulks is hierdie loshande die grootste swembyeenkoms wat die onafhanklike Namibië nog ooit as gasheer aangepak het. Die internasionale aansien van swemlande soos Suid-Afrika en Zimbabwe het op sigself min bekendstelling nodig.

Swemmers en waterpolospelers van minstens elf jaar oud ding in die kampioenskap mee, wat vir vele die ideale geleentheid bied indien hulle vir die FINA wêreldkampioenskap wil kwalifiseer wat in Julie vanjaar in Suid-Korea voorlê. Vir diegene wat die watersporte beoefen is dit een van die jaar se vernaamste doelwitte.

Die openingseremonie môre om 14:00 by die Olympia-swembad sal deur minister Erastus Utoni van sport, jeug en nasionale diens bygewoon word.

• Die programtye en die venues kan op bl. 19 verkry word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!