Groot kanonne hoor kiessaak

Tafel vir hoogdrama gedek

17 January 2020 | Howe
Denver Kisting – Alle oë is vandag op Namibië se hoogste hof, die hooggeregshof, waar die land se heel eerste onafhanklike presidensiële kandidaat dié hof vra om verlede jaar se verkiesingsuitslae ongeldig te verklaar.

Mnr. Ockert Jansen, woordvoerder van die regsbank, het gister by navraag bevestig die volbank regters sal uit vier Namibiese regters en ’n Suid-Afrikaanse regter bestaan.

Jansen sê die vyf is hoofregter Peter Shivute, hooggeregshofregters Sylvester Mainga, Dave Smuts, Elton Hoff en ad hoc-hooggeregshofregter Baaitse Nkabinde uit die buurland.

Die tandheelkundige, dr. Panduleni Itula, het twee keer in November verlede jaar bloedneus gekry – eerstens by die verkiesingstribunaal en in die hoërhof die aand voor die verkiesings op 27 November.

Vir die eerste keer in die land se geskiedenis het hy as onafhanklike presidensiële kandidaat op dié dag die regerende party se amptelike kandidaat, pres. Hage Geingob, uitgedaag in ’n poging om die land te lei.

Volgens die amptelike verkiesingsuitslae van die presidensiële verkiesing, wat die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) op die aand van 30 November bekend gemaak het, het Geingob met die louere weggestap. Itula het tweede geëindig.

Itula het sedertdien besluit om hom tot die hooggeregshof te wend.

Hy het dit veral teen die gebruik van elektroniese stemtoestelle (EVM’s).

Die tandarts wou hê indien dié toestelle gebruik sou word, dit saam met ’n naspeurbare papierspoor moes geskied.

Dít het nie gebeur nie, ofskoon die toestelle wel gebruik is.

Jansen het ook die afgelope week gesê lede van die publiek sal nie in die hooggeregshof toegelaat word as hulle geklee is in enige kleure van politieke partye of die landsvlag nie.

Daarnaas, sê die woordvoerder, mag niemand behalwe die media selfone by hulle hê nie.

Dít kom nadat Itula Namibiërs genooi het om uit alle uithoeke van die land by die hof op te daag – in óf partyklere van hul keuse of in die kleure van die landsvlag.

Hy het terselfdertyd ’n beroep op Namibiërs gedoen om die regsproses toe te laat om sy gang te gaan en niemand te intimideer, beledig of tot geweld aan te hits nie.

Sy volgelinge en ondersteuners en dié van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) van die grondaktivis mnr. Job Amupanda was verlede jaar dikwels by saamtrekke in die kleure van die landsvlag getooi.

Itula het bewerings van doodsdreigemente onlangs afgelag, waarvolgens hy glo voor vandag om die lewe gebring sou wees.

Hy het gesê dit sal hom nie van stryk bring nie.

Hoewel dit steeds onduidelik is wie sy veldtog gefinansier het, het hy hom verlede jaar tot die sosiale media gewend om diegene wat vir hom gestem het, te nooi om ’n bydrae in sy prokureur, me. Elize Angula, se trustrekening te deponeer om vir die regsgeding te betaal.

Naas Angula het Itula onder meer senior advokaat Jeremy Gauntlett QC SC, van Suid-Afrika, wat oor meer as 40 jaar se ervaring beskik, aangestel om die hooggeregshof van sy saak te oortuig.

Mnr. Nico Smit, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het die afgelope week gesê: “Hy (Itula) ly aan ’n Jesus-kompleks.”

Die grondwetkenner prof. Nico Horn sê ’n grondwetlike aansoek om verlede jaar se presidensiële verkiesingsuitslae te betwis, kon waarskynlik sterker gewees het as hulle gesteun het op ’n onderneming deur die ECN dat dié liggaam met ’n papierspoor vorendag sou kom indien dit nodig sou raak.

Horn sê dit het intussen aan die lig gekom daardie onderneming deur die nasionale kiesliggaam kan nie eerbiedig word nie.

“Die saak is baie moeilik en ek dink die Verkiesingskommissie het ons hopeloos gefaal.”

’n Politieke ontleder, mnr. Graham Hopwood, het dié week gesê hy hoop die hooggeregshof lewer voor 21 Maart vanjaar uitspraak.

Geingob word na verwagting op dié dag as staatshoof vir die volgende vyf jaar ingehuldig.

Republikein, in samewerking met sy susterpublikasies Namibian Sun, Allgemeine Zeitung, Windhoek Express en Erongo, saai vandag se hofverrigtinge regstreeks uit.

Die uitsending begin om 09:30.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

10 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

10 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

10 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

10 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

10 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

10 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

10 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...