Groot geld vir weerloses
Groot geld vir weerloses

Groot geld vir weerloses

Sowat N$100 000 is deur die Vereniging van Diplomatieke Gades vir 'n sorgsentrum in Otjomuise ingesamel.
Henriette Lamprecht
Heelwat meer kinders in Otjo­muise sal nou van sorg en onderrig verseker wees.

Dít te danke aan die Vereniging van Diplomatieke Gades (ADS).

Dié vereniging het onlangs sy gesogte gala-aand gehou waartydens 300 lede van die diplomatieke korps ter ondersteuning van vanjaar se tema, “Die welstand van kinders”, saam met die korporatiewe sektor gekuier het.

Die gasspreker vir die aand was me. Kiki Gbeho, die Verenigde Nasies (VN) se inwonende koördineerder in Namibië.

Gbeho het namens die huidige ADS-president, me. Ida Alina Salleh, en haar komiteelede N$100 000 aan me. Agnes Albrecht, stigter van die Mammadu-trust, 'n sentrum vir wees- en weerlose kinders in Otjomuise, oorhandig.

Die geld sal Mammadu in staat stel om geriewe te bou wat sal verseker meer kinders in Otjomuise ontvang sorg en onderrig.

Deel van die gala-aand was 'n internasionale modeparade met tradisionele en kontemporêre kostuums uit Indonesië, Indië, Angola, Nigerië, Maleisië, Kenia, Japan en Ghana. Verskeie pryse is tydens die aand uitgedeel. Dit sluit vliegkaartjies van Air Namibia en Taag Airlines in.

Dit was die ADS se tweede geldinsamelingsgeleentheid vanjaar. In Mei vanjaar het die vereniging gasheer gespeel vir sy jaarlikse Internasionale Kos- en Kunsvlytbasaar by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC), waaraan 16 ambassades en hoëkommissariate deelgeneem het. 'n Bedrag van N$60 000 is ingesamel.

Salleh, gade van die Maleisiese hoëkommissaris in Namibië, het tydens die gala-aand gesê die vereniging is in 1990 gestig en het saam met Namibië vanjaar sy 27ste verjaardag gevier.

Die doel van die vereniging is om geld in te samel en ondersteuning aan 'n reeks organisasies en projekte te bied. Vanjaar was die tema die welstand van kinders.

Salleh het kinders as waardevolle nasionale bates beskryf.

“Die toekoms van elke land is afhank­lik van hoe sy kinders grootword en ontwikkel,” het sy gesê.

Die Mammadu-trust se bouprojek is vanjaar se begunstigde.

“Dit fokus op dit wat werklik noodsaaklik vir kinders is – voeding, higiëne, onderrig en liefde. Dit was Mammadu se vermoë om maniere vir volhoubaarheid te vind en uit te reik na die gemeenskap om hulle wat ons geraak het.”

Die bouprojek fokus op die konstruksie van 'n nuwe kafeteria en eetsaal, wat meer beskikbare klaskamers vir die ondersteuning van nog kinders tot gevolg sal hê.

Die diplomatieke gades is voorts betrokke by die Read Namibia-koalisie, 'n groep wat nou saam met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur werk om die leesprofiel van kinders, tieners, ouers en ander rolspelers in die land te verhoog.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!