Groot geld in sonde

13 September 2018 | Menings
DIRK VAN ZYL SKRYF:

Dit lyk my die dranklokale en tabakverspreiding het ’n enorme bron van inkomste vir die staat geword.

Dit groei en groei, en almal besef solank die verslawingmiddels begeer word, sal die newe-effekte en probleme wat dit veroorsaak nie deur die wetstoepassers gesien word nie, en sal die sonde bevorder word. Verkope floreer en die belastingstroom neem by die dag toe.

Die mens word swakker en swakker, en kan nie meer stry teen drankgebruik nie. Die verslawing word erger en erger, en die gevolge onstuitbaar. Die bron van inkomste na die staatskoffers vloei 24/7.

Waarom ondersteun sommige hierdie euwel met oorgawe? In byna elke huis is ’n kroeg, al staan daar net een bottel sonde wat kastig as medisyne aangehou word. Niemand is siek of beseer nie, maar die medisyne word minder en minder.

Jare gelede, toe ek in Walvisbaai gekom het, was daar 21 kerke en 23 dranklokale. Dit was ’n skok vir my, want een dranklokaal is vir my een te veel.

Ek wonder wat die president sal sê as ek hom vra of hulle nie die sondebelasting vir die senior burgers kan gee nie. Die staatskoffers kan gevul word met die boetes van die taxi''s.

As die boetes so hoog is, waarom luister hulle nie? Die boetes is geen afskrikmiddel nie, hulle wil kyk of die regering nie skrik nie.

Die waarheid is die waarheid, kom ons wees eerlik. Eerlik beteken oop, waar, reguit, betroubaar, opreg, trouhartig, regverdig, onkreukbaar en eerbaar.

Kyk na iemand voor hy of sy begin drink. Ná so ’n paar sopies van die sonde ingesluk is, verander die prentjie stelselmatig. . .

Die regering weet wat aan die gang is, en gee meer en meer lisensies vir dranklokale, terwyl die nugterdenkendes bid dat dit moet stop.

Moenie vra waarom God nie luister nie. Hy luister. Bekering lê in jouself. Jy en ek het ’n wil van ons eie. Ons besluit of ons iets wil los of aangaan daarmee. As jy die eerste tree gee, sal God jou wilskrag gee, maar jy moet self stry. Waar nie ’n stryd is nie, is nie ’n oorwinning nie. Onthou, hoe meer mense die verkeerde ding doen, hoe meer dink ander, en veral kinders, dat dit reg is, en doen dieselfde.

Die regering bestaan glo uit die slimste mense. Die president is die slimste in sy party, daarom is hy gekies om die land te lei. Niemand wil ’n leier hê wat minder as die slimste is nie. Ons weet dis veronderstel om so te wees, maar baie kiesers weet niks, of nie genoeg van politiek nie. Hulle stem vir die verkeerde rede.

Die president moet briljant en skrander wees. Hy moet ''n kabinet saamstel wat betroubaar en verantwoordelik die portefeuljes kan behartig wat aan hulle toevertrou is.

Net jammer daar is nie opgeleide liggame wat die korrupsie en wanorde kan stop wat soos onkruid alles dooddruk nie.

As ons so drank koop (dit maak nie saak of jy dit gebruik of nie, al koop jy dit as geskenk vir iemand) is ons nie besig om drankmisbruik te bevorder en die nagevolge daarvan te verskerp nie?

So is ons ook onbewustelik aandeelhouers in die dood op die paaie, die mishandeling van vroue en kinders, verkragting en al hierdie lelike dinge. Jy sal nooit hierdie aandele kan verkoop nie.

Baie drinkers hou nie van wat ek skryf nie, maar ek gee nie om nie. Solank ek die waarheid praat, is my sake met God reg.

Soortgelyk

 

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

12 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

12 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

12 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

12 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

12 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

12 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...

Vrou haal die byt uit veghond

12 ure gelede | Omgewing

Die naam Amerikaanse veghond (pit bull terrier) het al ‘n vloekwoord geword en boesem vrees by die meeste mense in. Geen ander honderas het in...