Groot dors oorval Omarururivier se dorpe

29 April 2016 | Plaaslik
Des Erasmus

Streng waterbeperkings geld sedert gister op Omaruru.
Volgens ’n kennisgewing deur die munisipaliteit sal dit tot “verdere kennisgewing” so bly.
Die waternood word net ten dele aan die droogte toegeskryf. Nog ’n rede is verouderde waterinstallasies op ’n dorp wat op die waterdraer van die Omarururivier aangewese is. Soortgelyke waterprobleme word op nedersettings ondervind wat ook vir hul water op die Omarururivier aangewese is. In die droogtesiklus was die Omarururivier die afgelope reënseisoen net een keer oor ’n kort afstand in vloed en toe het die water tot net wes van die dorp gevloei.
Voor gister se waterbeperkings is ’n raadplegende vergadering met die publiek wel op Omaruru gehou. Toe is beweer dat die dorp op tien boorgate in die waterdraer aangewese is, maar dat ses van die gate nou droog is. Van die oorblywende vier word net drie tot hul volle kapasiteit gepomp met die ander gat wat net sowat die helfte van sy eertydse water lewer. Op die vergadering is verseker dat navorsing nou gedoen word om ’n bly­wende oplossing vir die dorp se water­probleme te vind.
Een van die moontlikhede is die Kranzberglyn as ’n alternatiewe waterbron. Toe die pypleiding nagegaan is, is blykbaar op ’n groot lekplek afgekom.
Kleinhoeweboere hou egter vol dat ’n klomp damme in die bolope van die rivier meegebring het dat die rivier nie meer gereeld in vloed afkom om die waterdraer te voed nie.
Die drie tye wat daar per dag water in Omaruru se krane gaan wees, is van 05:00 tot 08:30, van 12:30 tot 14:30 en weer van 17:00 tot 22:00. Hoewel die beperkinge sedert gister sou geld, was daar tot gistermiddag nog ­deurlopend water in die krane.
Nog ’n beperking is op die was van motors geplaas. Wanneer motors wel gewas word, moet ’n emmer gebruik word.
Op Uis geld die waterbeperkinge reeds die afgelope weke. Daar is die ure met water in die krane van 06:00 tot 08:00, van 12:00 tot 14:00 en dan weer twee uur later in die agtermiddae. Uis se beperkte watervoorraad uit die Omarururivier word aangevul met die deurlopende gebruik van tot twee watertenkvragmotors per dag. Die tenkvragmotors tap hul water by ’n bron by Achinab, sowat 30 km buite die dorp in die Ugabrivier. Die twee vragmotors bedien Uis se bo- en onderdorp waar die mense by die tenks kom tap.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

1 dag gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

1 dag gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

1 dag gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

1 dag gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...