Groot Aub-gemors sleep voort

Derde week met vullis

21 February 2018 | Plaaslik
Denver Kisting



Inwoners van Groot Aub suid van Windhoek het verlede week gesê die stadsraad jok oor hul vullis­verwydering.

Boonop, sê hulle, lyk die opeen­ho­ping van vullis nie net sleg nie, maar hou dit ook gesondheids­gevare in.

Volgens 'n inwoner was verlede week die derde opeenvolgende week dat hul rommel nie verwyder is nie.

Dié inwoner was opnuut genoop om haar huishoudelike vullis aan die brand te steek om daarvan ontslae te raak, sê sy.

Sy sê sy en baie ander raak die afgelope twee weke reeds op hierdie manier van hul rommel ontslae.

Windhoek se stadsraad het laat verlede week by monde van hul woordvoerder, me. Lydia ­Amutenya, toegegee daar was 'n “uitdaging met skoonmaak verlede week of so”.

Sy het die toedrag van sake toe­geskryf aan die beëindiging van die vorige diensverskaffer se kontrak, wat glo reeds op 31 Januarie verstryk het.



Weg vorentoe

Amutenya het gesê die kontrak kon “ongelukkig nie verleng word nie en vir die afgelope twee weke het die stad voormalige werknemers van die ­kontrakteur gewerf om in die kort termyn voort te gaan met die skoonmaakwerk terwyl die nuwe ­skoonmaakbenadering in die lang termyn in werking gestel word”.

Volgens haar het die werwings­proses reeds ten einde geloop en die skoonmaakspanne van Groot Aub is op dreef.

“Die skoonmaakproses het begin en sal dienooreenkomstig voortgaan.”

Inwoners sê dit is egter onwaar. Hul vullis word gewoonlik Donderdae en Maandae verwyder en verlede Donderdag het niks gebeur nie, sê hulle.

By navraag het die hoof van soliede afvalbestuur, mnr. Friedrich Koujo, gister gesê die nuwe rommelopruimspan op Groot Aub behoort reeds ten volle op dreef te wees.

Hy het onderneem om self ondersoek in te stel.

Hy sê hulle het in die spervuur beland omdat die ooreenkoms met die vorige diensverskaffer glo vir té lank – 16 agtereenvolgende maande – van krag was.

Vervolgens moet die tender opnuut in die media geadverteer word, sê hy.

Dít sal na verwagting eersdaags gebeur.

Soortgelyk

 

Plastieksakke uit nasionale parke verban

2 dae gelede | Omgewing

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het plastieksakke uit alle nasionale parke in die land verban. Die minister het gemaan geen...

Nampol-beamptes skuldig aan nalatigheid

2 dae gelede | Misdaad

Twee senior polisiebeamptes wat intern ondersoek is vir hul beweerde nalatigheid om betyds te reageer in ‘n saak waarin ‘n 18-jarige vyf familielede vroeër vanjaar...

Ollies les hul dors

2 dae gelede | In beeld

Namibiërs in die Zambezistreek kan vandag na verspreide donderbuie uitsien, terwyl dié elders in die binneland vir eers nog met enkele tot geïsoleerde buie tevrede...

Ekonomie: Hou sand uit wiele

2 dae gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer Dubbele belasting, soos belasting op dividende en belasting op kapitaalwins is immoreel en gaan nié die ekonomie laat groei nie.'n Ekonomie is die...

PS'e binnekort nié permanent

2 dae gelede | Regering

Denver Kisting - As beplande wetgewing deurgevoer word, is PS’e binnekort nie meer “permanent” in die tuig nie.Hiernaas sal dié rekenpligtige beamptes van ministeries ook...

Gróót regshervorming binnekort op pad

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr....

Ongelukke: Namibië 45ste op wêreldranglys

2 dae gelede | Ongelukke

Padongelukke kos Namibië jaarliks N$1,3 miljard en is die oorsaak van 3,76% van die land se totale sterftes.Dié skokkende syfers is Dinsdag namens die minister...

Weer vir 23 November 2018

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloe­dig warm in die ||Kharasstreek en die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele...

Weer, Donderdag 22 November 2018

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in...