Groot argitek sterf op Swakop
Groot argitek sterf op Swakop

Groot argitek sterf op Swakop

Des Erasmus
Des Erasmus - Met geboue en komplekse oral in Namibië wat as sy monumente staan, het een van die grootste argitekte van veral die vorige eeu, mnr. Kerry McNamara (76), op Swakopmund gesterf waar hy en sy vrou, Shelagh, in hul ryper jare gebly het.

McNamara was tot net voor sy dood nog aktief op die gebied van Swakopmundse burgersake. Enige nuwe ontwikkeling op die vakansieoord self of in die omgewing moes eers onder die McNamara-vergrootglas geplaas word voordat sonder meer daarmee voortgegaan kon word. Het hy hom teen van die werke verset, het hy dit in die sterkste moontlike taal gedoen.

Een van sy laaste groot werke in Windhoek was die ontwerp van die ingenieurs- en navorsingsentrum van die Universiteit van Namibië (Unam).

Wyle McNamara en sy vrou, Shelagh, was die ouers van vier kinders - drie seuns en een dogter. Die seuns is Malachy, Kevan, Rowan en die dogter is Bevann. Malachy woon in Londen en Bevann in Johannesburg. Kevan en Rowan het die argitekteonderneming in Windhoek oorgeneem en sit dit in die familienaam voort.

McNamara was oorspronklik ‘n boorling van Kuruman in Suid-Afrika.

‘n Roudiens sal Vrydag om 15:00 vir hom in die Katolieke Kerk op Swakopmund gehou word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!