Grondtwis op Stinkwater
Grondtwis op Stinkwater

Grondtwis op Stinkwater

Inwoners van 'n plaas suid van Windhoek weet nie meer herwaarts of derwaarts nie.
Maria Eiseb
Maria Eiseb



Sowat 800 gemeenskapslede van die plaas Stinkwater, ­ongeveer 75 km suid van Windhoek, het onlangs 'n vergadering gehou vanweë hul ontevredenheid oor die manier waarop “sogenaamde eienaars” glo grond stuk-stuk verkoop terwyl daar nog inwoners op die plaas is.

Volgens 'n inwoner van Stinkwater, mnr. Doggies Hansen, het die Basterkaptein voor onafhanklikwording vir die Cloete-gesin van Rehoboth gevra om die plaas op te pas.

“Die Cloete-gesin moes sorg dat daar nie onwettige en roekelose intrekkery van mense is en die plaas oorbevolk word nie,” het Hansen gesê.

“Dit is vir 'n lang tyd wat ons met die stryd op Stinkwater aankom. Tussen 1994 en 1995 is die plaas aan die regering oorhandig en die inwoners wou met die hulp van die regering 'n saal bou, maar intussen het die des­tydse raadslid van die Khomas landelike kiesafdeling, mnr. Frederick Arie, tydens 'n vergadering gesê dit is private grond,” vertel Hansen.

Hy sê die Cloetes het intussen begin om die fondament van die saal met pikke stukkend te slaan en “gesê niks sal gebou word nie en ons sal ook nie elektrisiteit kry nie”.

“Soos nou gaan daar niks aan op daardie plek nie, geen niks nie, ons is maar net daar,” het Hansen gesê.

Stinkwater se gemeenskap vra die die regering moet ingryp. “Die Cloetes moet vir ons hul bewys van eienaar­skap van die plaas toon. Die regering moet nie met 'n storie van erfgrond by ons kom nie.”

Volgens Hansen is die Cloetes net gevra om toesig te hou. “Behoort die plek nie aan die regering nie? Laat ons bewyse gegee word wat wys wie die ­eienaars is; nie lippetaal nie.”

'n Ander inwoner, wat vir meer as 10 jaar op Stinkwater woon, me. Maria Rooi, het gesê dit is 'n onsmaaklike situasie en ook nie maklik vir bejaardes nie. Sy sê tydens pensioenuitbetalings moet die bejaardes vervoer soek om by die betaalpunte uit te kom.

“Dit sou makliker vir die bejaardes gewees het as daar 'n mobiele uitbetalingspunt is om hul pensioengeld te ontvang, asook 'n kliniek. Die mense sukkel om na 'n nabygeleë plaas te gaan as iemand siek is,” het sy gesê.

“Daar is ontwikkeling op die nabygeleë plase, maar niks gebeur op Stinkwater nie,” het Rooi bygevoeg. “Ons kry swaar en as ons uitgegooi word, weet ons nie waarheen ons sal gaan nie.”

Mnr. Sameul Geiseb boer die afgelope 12 jaar op Stinkwater en het gesê hulle twis reeds lank oor die grond.

“Destyds het ons die geveg saam met die raadslede van die kiesafdeling geveg, en ook die situasie aan die ministerie van grondhervorming verduidelik, maar niks is opgelos nie,” het Geiseb gesê.

“Daar sal nooit ontwikkeling op Stinkwater wees solank dit private grond is nie. Die regering kan ook nie hier ontwikkel nie, want dit is private grond.”

Geiseb sê die regering moet die plaas koop en dienste aan die inwoners verskaf.

Volgens mnr. Willem Cloete, wat sê hy is een van die eienaars, “is mense wat nie base van die plaas is nie, nou grootbase”.

“Die gemeenskap staan teen my op as ek my grond verkoop. Ek verstaan nie waarom ek dit nie kan verkoop nie,” het hy gesê.

Volgens Cloete het die regering vir die inwoners grond op die plaas Versailles gekoop en hulle moet daar gaan bly, maar sê hulle het huise oral en wil op Stinkwater én Versailles bly.

“Hulle sit hier en trek tou en stry oor die grond met ons. Ek weet ook nie meer wat aangaan nie,” het Cloete gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%