Grondstrydbyl vir eers begrawe

Buitelandse sakelui skik buite hof

14 January 2019 | Howe
Denver Kisting – Twee omstrede buitelandse sakelui, mnr. Fadi Ayoub en me. Stina Wu, het onlangs buite die hof geskik oor ’n ingewikkelde eiendomstransaksie wat gedreig het om skeef te loop.

Hofdokumente het lig gewerp op die miljoene wat veronderstel is om hande te verwissel tussen dié twee oor groot hoeveelhede grond.

In die hofstukke, waarvan Republikein afskrifte bekom het, sê Ayoub hy is ’n volwasse sakeman wat tans in Robynstraat in die Windhoekse voorstad Eros woon.

Hy het die aansoek gebring teen Wu, wat in Liststraat woon.

Op dieselfde perseel is twee beslote korporasies geleë – Almazu Investments BK en Landscape Property Number Seventeen, lui die hofdokumente.

Dié twee besighede is as onderskeidelik die tweede en derde verweerder in die sedertien opgeloste twis gelys.

Ayoub het in die stukke aangevoer hy en die eerste BK, wat deur Wu verteenwoordig is, het op 16 Februarie verlede jaar ’n ooreenkoms gesluit, waarvolgens hy ledebelang daarin sou bekom.

Al die ledebelang van daardie besigheid was in daardie stadium in Wu se hande, lui die stukke.

Ayoub sou 40% van die belang oorneem.

In die dokumente het hy aangevoer Wu het tot laat verlede jaar, ondanks talle beloftes, haar voete gesleep om die akteprokureurs te kry om die proses af te handel.

Volgens ’n vorige kontrak, wat glo in Januarie 2017 gesluit is, het die partye mondeling ooreengekom Wu sal pa staan vir die instandhouding van die Eros-eiendom totdat dit op Ayoub se naam oorgedra word.

Onder meer, het sy glo hand en mond belowe om om te sien na die water- en kragrekening en om enige uitstaande munisipale skuld te delg.

Hiernaas sou sy ook verantwoordelikheid aanvaar vir algemene instanding en versorging van die spoghuis.

Hulle het glo ooreengekom dat Wu onmiddellik sal optree sodra ’n instandhoudingsbehoefte opduik.

Ayoub het hom glo male sonder tal onsuksesvol tot haar gewend om haar beloftes gestand te doen.

Onder meer moes hulle dikwels met lekkende toilette vir lief neem, sê hy.

Hiernaas was die kombuiskaste “los en beskadig” en die ingeboude kaste in die slaapkamers was ook ’n uitdaging.

Ayoub voer aan die dak was so stukkend dat lekkasies tydens die reënseisoen hul lot was.

Hy moes ook ’n rekening van N$20 000 self vereffen vir die herstel van die beskadigde elektriese heining, sê hy.

Die swembad lek ook en dit het bygedra tot “’n verskriklik hoë waterrekening”. Boonop is die swembad en die vistenk se pompe flenters.

Volgens Ayoub moes hy ook meer as N$72 000 opdok vir ’n uitstaande munisipale rekening.

Weens Wu se versuim om haar deel van die ooreenkoms na te kom, het hy skade van nagenoeg N$262 259 opgeloop, het Ayoub in die stukke aangevoer.

Hy sê die Eros-eiendom was deel van ’n breër ooreenkoms, wat verskeie van sy erwe buite Rehoboth op ’n landgoed, Sable View, ingesluit het.

Vir dié grond moes sy kragtens die ooreenkomste glo bykans N$580 000 betaal. Toe hy hom laat verlede jaar tot die Windhoekse hoërhof gewend het, was sy N$350 000 agterstallig op daardie paaiement.

Ayoub het voorts aangevoer die laaste doring in sy vlees was dat hy 100% van die belang in die tweede BK sou bekom. Tot in daardie stadium op 3 Oktober 2018 het daarvan ook dadels gekom.

Verskeie pogings om die tweetal verlede week in die hande te kry, het geen vrugte afgewerp nie.

Soortgelyk

 

Geingob: Gelukkig Vrouedag, vroue

1 dag gelede | Regering

President Hage Geingob sê hy erken die dapper pogings van vroue om beter gemeenskappe te skep en tot die voorspoed van die mensdom by te...

Verkrygingsraad presteer

1 dag gelede | Regering

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se raadsvoorsitter, mnr. Patrick Swartz, en administratiewe hoof, me. Lischen Ramakhutla, het vanoggend lig gewerp op uitdagings wat die...

Namibië topbestemming by ITB

1 dag gelede | Toerisme

Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.Die minister van die omgewing en toerisme, mnr....

Wet slaan toe op wapenlisensies

1 dag gelede | Ministeries

Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n...

Reënweer vertoef langer

1 dag gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk...

Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge

1 dag gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie...

Kalender 8 Maart

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember...

Jeuggeweld ruk Outjo

1 dag gelede | Misdaad

Denver Kisting Drie jongelinge van Outjo is steeds agter tralies nadat hulle glo sowat 'n maand gelede twee ander jong mans binne 43 minute doodgesteek...

Minister gee Nida nuwe raad

1 dag gelede | Plaaslik

Ogone Tlhage – Die raad van die nuwe agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) sal gereeld moet vergader om homself as semi-staatsinstelling te vestig. So...